Likumnios van Chios (Grieks: Λικύμνιος, Latyns: Licymnius) was 'n Ou Griekse diturambiese (In Antieke Griekeland was 'n dithyrambos (Grieks: διθύραμβος) 'n ekstatiese loflied aan Dionusos, god van wyn en vrugbaarheid. Dithyrambos was nie net 'n loflied nie, maar ook een van Dionusos se name.) digter uit Chios. Hy is waarskynlik gebore in die vierde eeu v.C., alhoewel daar nie sekerheid hieroor bestaan nie.The Oxford Classical Dictionary, s.v. Licymnius, p. 836; Smith, s.v. Licy'mnius.
Aristoteles maak melding van hom in sy "Retoriek", waarin hy opmerk dat Likumnios se werk net so goed of selfs beter in geskrewe vorm is as wat die geval is in gesproke vorm.The Oxford Classical Dictionary, s.v. Licymnius, p. 836. Likumnios word ook vermeld deur Chairemon van Alexandrië. Een van Likumnios se gedigte, 'n gebed om goeie gesondheid, is bewaar deur Sextus Empiricus, alhoewel daar onsekerheid bestaan oor die toeskrywing, en die werk dalk die van 'n ander digter kan wees. Partii sê dat Likumnios 'n gedig geskryf het oor die verowering van Sardis en Eustathios van Epiphaneia noem hom in 'n gedig Λικύμνιον Βουπραδιέα ἀοιδόν.
Verwysings
Bronnelys
Smith, William, Dictionary of Greek and Roman Biography and Mythology, Londen (1873). Die aanlyn weergawe kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek.
Kategorie:Digters Kategorie:Ou Griekse skrywers