J.L.P. (Basie) Botha was van 1946 tot 1948 die waarnemende hoofsekretaris van die Mynwerkersunie van Suid-Afrika (MWU).

Hy was 'n boorling van Potchefstroom. In 1926 het hy na die Randse goudmyne gekom en was aanvanklik op Crown Mines werksaam. In 1933 is hy as MWU-organiseerder op die Wes-Rand aangestel, in 1937 in dieselfde hoedanigheid aan die Oos-Rand, en in 1939 is hy tot organiserende sekretaris van die vakbond verkies.

Bronnelys L. de Kock, “Die Stryd van die Afrikaner in die Suid-Afrikaanse Mynwerkersunie aan die Witwatersrand, 1936-1948”, Ongepubliseerde MA-verhandeling, Randse Afrikaanse Universiteit, 1983, p. 188. Die Mynwerker, Augustus 1941, p. 15 (B Botha, Die Wantroumosie van die Hervormers). Ibid., April 1941, p. 17 (Prestasie van Basie Botha). Ibid., Mei 1946, p. 5 (Ons Agiterende Algemene Sekretaris).

Sien ook Solidariteit

Kategorie:Suid-Afrikaanse vakbondleiers