Strydenburg is 'n dorp in die Noord-Kaap, in Suid-Afrika en is 77 km noord van Britstown. Die N12 nasionale pad loop deur Strydenburg en skei die dorp van sy township.
Geskiedenis Die dorp is in 1892 deur die Nederduitse Gereformeerde Kerk op die plaas Roodepan uitgelê en het in 1914 munisipale status verkry.
Die naam van die dorp beteken "Dorp van stryd" in Nederlands, en spruit uit die verskeie meningsverskille tydens sy ontstaan, onder meer oor wat die dorp se naam moes wees.
Distrik Merinowol is die belangrikste ekonomiese aktiwiteit. Ander boerderybedrywighede sluit in: dorperskape, beeste en verskeie spesies wild.
Noemenswaardige boorlinge Dr. J.A.S. Oberholster, argivaris van die Kaapse Kerk en gemeentegeskiedskrywer.
Sien ook Gereformeerde kerk Strydenburg Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
http://www.northerncape.org.za/getting_around/towns/Strydenburg/ http://reisinafrikaans.blogspot.com/2009/06/strydenburg.html
Kategorie:Nedersettings in die Noord-Kaap