Dale Willem Steyn (* 27 Junie 1983 te Phalaborwa) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler wie toets- en EDI- en T20I-krieket vir die Proteas gespeel het. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011, 2015 en 2019, die T20I-wêreldbekertoernooie in 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016, asook die Kampioenetrofeë in 2009 en 2013 vir Suid-Afrika gespeel.
Steyn het die posisie as die voorste Toetsbouler ter wêreld beklee. Hy bereik die 900+ punte kerf op 13 November 2011 nadat hy sy aanvanklike werk met snelboul-deskundige Ian Pont gedoen het. Hy is 'n regterarm snelbouler wat boul teen 'n gemiddelde spoed van 145–150 km/h. Sy vinnigste bal waargeneem was teen 156.2 km/h tydens die 2010 Indiese Premierliga, vir Bangalore Royal Challengers teen Kolkata Knight Riders. Hy hou ook die rekord vir die vinnigste Suid-Afrikaner om 100 paaltjies in Toetskrieket te neem, hy behaal hierdie mylpaal op 2 Maart 2008.
Steyn beskik tans oor die beste boulslaagsyfer van alle tye in Toetskrieket (onder boulers wie ten minste 10 000 aflewerings geboul het). In die 2007/08 seisoen neem Steyn 78 paaltjies teen 'n gemiddeld van 16.24 balle per paaltjie, en word beloon met die prestige "IKR 2008 Toetsspeler van die Jaar" toekenning. Dale Steyn | South Africa Cricket | Cricket Players and Officials | ESPN Cricinfo Hy word benoem as een van Wisden se "Krieketspelers van die Jaar" in 2013.
Steyn het sy tuiskrieket in Suid-Afrika vir die Kaapse Kobras gespeel. Op 5 Augustus 2019 het Steyn sy uittrede uit toetskrieket aangekondig, en op 31 Augustus 2021 sy uittrede uit alle krieket.
Rekords Vyf paaltjies per toetsbeurt geneem Vyf paaltjies per beurtNommer Syfers Wedstryd Teen Stad/Land Veld Seisoen 1 5/47 4 Centurion, Gauteng SuperSport-park 2005/06 2 5/82 8 Colombo, Sri Lanka P Saravanamuttu stadion 2006 3 5/56 12 Karatsji, Pakistan Nasionale stadion, Karatsji 2006/07 4 5/34 14 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2007/08 5 5/59 14 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2007/08 6 6/49 15 Centurion, Suid-Afrika SuperSport-park 2007/08 7 6/72 18 Durban, Suid-Afrika Sahara Kingsmead 2007/08 8 5/23 22 Ahmedabad, Indië Sardar Patel-stadion 2007/08 9 5/63 25 Bloemfontein, Suid-Afrika OUTsurance-ovaal 2008/09 10 5/87 28 Melbourne, Australië Melbourne-krieketveld 2008/09 11 5/67 28 Melbourne, Australië Melbourne-krieketveld 2008/09 12 5/51 35 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2009/10 13 7/51 37 Nagpur, Indië Vidarbha Cricket Association Stadion 2009/1014 5/29 38 Port of Spain, Wes-Indië Queen's Park Oval 201015 6/50 45 Durban, Suid-Afrika Kingsmead 2010/1116 5/75 46 Kaapstad, Suid-Afrika Saharapark Nuweland 2010/1117 5/56 55 Londen, Engeland The Oval 201218 6/8 63 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 201319 5/52 63 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2013
Tien paaltjies per toetswedstryd geneem Tien paaltjies per toetswedstrydNommer Syfers Wedstryd Teen Stad/Land Veld Seisoen 1 10/93 14 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2007/08 2 10/91 15 Centurion, Suid-Afrika SuperSport-park 2007/08 3 10/154 28 Melbourne, Australië Melbourne-krieketveld 2008/09 4 10/108 37 Nagpur, Indië Vidarbha Cricket Association Stadion 2009/10 5 11/60 63 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2013
Toekennings "Toetsspeler van die wedstryd"-toekennings duimnael|upright|Dale Steyn op Adelaide-ovaal, 2009 duimnael|upright|Dale Steyn op Adelaide-ovaal, 2009 "Toetsspeler van die wedstryd"-toekenningsNommer Boulsyfers in wedstryd Kolfsyfers in wedstryd Wedstryd Teen Stad/Land Veld Seisoen 1 5/34 en 5/59 13 en nie gekolf nie 14 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2007/08 2 4/42 en 6/49 25 en nie gekolf nie 15 Centurion, Suid-Afrika SuperSport-park 2007/08 3 5/87 en 5/67 76 en nie gekolf nie 28 Melbourne, Australië Melbourne-krieketveld 2008/09 4 6/8 en 5/52 12* en nie gekolf nie 63 Johannesburg, Suid-Afrika Wanderersstadion 2012/13
"Toetsspeler van die reeks"-toekennings "Toetsspeler van die reeks"-toekenningsNommer wedstryde Paaltjies en boulsyfers in reeks Lopies en Kolfsyfers in reeks Teen Land Seisoen 1 2 20 paaltjies teen 9.20 38 lopies teen 19.00 Suid-Afrika 2007/08 2 3 20 paaltjies teen 19.10 59 lopies teen 29.50 Suid-Afrika 2007/08 3 2 14 paaltjies teen 12.57 7 lopies teen 7.00 Bangladesj 2007/08
Verwysings
Eksterne skakels
Dale Steyn by ESPNcricinfo Dale Steyn by CricketArchive
Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers