Abraham Benjamin (AB) de Villiers (17 Februarie 1984 in Pretoria) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler en -kaptein van die Eendag- en T20-span van die Proteas. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2007, 2011 en 2015, die Kampioenetrofeë in 2006, 2009, 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012, 2014 en 2016 vir Suid-Afrika gespeel. Op 23 Mei 2018 het AB de Villiers sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig. In Januarie 2020 het De Villiers egter sy belangstelling uitgespreek om vir die T20I-wêreldbeker 2020 terug te kom, maar later dié jaar is bevestig dat hy dit nie sou doen nie. Op 19 November 2021 het De Villiers sy uittrede uit alle vorme van krieket aangekondig. AB de Villiers is in Oktober 2024 in die IKR se Heldesaal opgeneem.

Skoolloopbaan duimnael|links|AB de Villiers in 2006 duimnael|links|AB de Villiers in 2009 De Villiers het aan die Afrikaanse Hoër Seunskool (ook bekend as Affies) gematrikuleer, 'n openbare skool in Pretoria. Hy het skoolgegaan saam met Jacques Rudolph, Heino Kuhn en Faf du Plessis, mede-Titans en Suid-Afrikaanse internasionale krieketspelers. Op skool het hy 'n gesogte nasionale medalje van wyle president Nelson Mandela vir 'n wetenskapprojek ontvang.

Ander sportsoorte Hy is 'n talentvolle sportman en het uitgeblink in gholf, rugby, pluimbal, krieket en tennis. Op skool was hy deel van die o/14-krieketspan. Hy speel gholf met 'n nulvoorgee, wat beteken dat sy gemiddelde telling vir 'n rondte gholf baansyfer of beter is. Rugby was die gewildste sport by sy skool, en hy het ook daaraan deelgeneem. Hy is begaafde sportman met 'n natuurlike talent vir enige sport. Hy het 'n voorliefde vir hokkie, en was in die o/16-span van die skool. Hy was op die kortlys vir Suid-Afrika se junior nasionale hokkiespan.

Hy het teruggekeer na rugby nadat hy opgehou het om hokkie te speel. Hy was gou deel van die skool se prestige rugbyspan, die 1ste XV van Affies. Hy het buitengewoon goed presteer en is gekies vir die Blou Bulle se o/18-span, wat later 'n paar groot name in Suid-Afrikaanse rugby opgelewer het.

Hy was lid van Suid-Afrika se junior Davisbeker-tennisspan, en ingedeel in die top twee in sy ouderdomsafdeling vir tennis in Suid-Afrika. Hy was ook Suid-Afrika se nasionale o/19-pluimbalkampioen. Verder hou ook ses Suid-Afrikaanse skoolswemrekords, asook die rekord in die 100 m hekkies in Suid-Afrika se junior atletiek.

Internasionale loopbaan AB de Villiers se toetskrieket-loopbaan begin op 20-jarige ouderdom op 16 Desember 2004 vir die Proteas teen Engeland op St. Georgespark in Port Elizabeth. Hy het 'n goeie openingsbeurt gespeel, maar word afgeskuif op die kolforde vir die tweede toets en kry ook die taak as paaltjiewagter by. Gedurende hierdie wedstryd behaal hy 'n gelukkige vyftigtal wat die wedstryd red vir Suid-Afrika.

Op 18 Januarie 2015 speel AB de Villiers 'n verpletterende kolfbeurt teen Wes-Indië, en teken die vinnigste honderdtal in eendaagse geskiedenis aan. Hy verbeter Corey Anderson van Nieu-Seeland se rekord en bereik 100 lopies van net 31 balle. Ten laaste teken hy 149 lopies aan van net 44 aflewerings teen die Wes-Indiese Eilande, voor hy uitgevang word.

Toetsontleding teen opponente soos op 26 Januarie 2016 Teen-stander Wed-stryde Beurte N.u.n. Lopies Hoogstetelling 100 50 Gem. Vang/St. 20 37 3 1641 169 5 9 48.26 31/1 4 5 1 69 46 0 0 17.25 5/– 20 34 1 1393 174 2 6 42.21 32/1 17 29 1 1123 217* 3 2 40.10 30/– 10 14 0 546 127 0 5 39.00 22/– 12 21 4 1112 278* 4 3 65.41 31/ 7 12 1 691 160* 1 5 81.42 2/– 13 21 5 1347 178 4 5 84.18 6/– 3 3 0 152 98 0 1 50.66 2/– TOTAAL 106 176 16 8074 278* 21 39 50.46 184/3

Toetskrieket Opsomming per kalenderjaar Jaar Wedstryde Lopies Gemiddelde 100 50 Beste 2004 2 108 36.00 0 1 52 2005 11 1,008 53.05 3 5 178 2006 11 570 27.14 0 4 97 2007 9 387 27.64 0 3 77 2008 15 1,061 58.94 4 2 217 2009 6 572 57.20 2 4 163 2010 11 996 76.62 3 4 278 2011 5 377 47.13 0 4 99 2012 10 815 58.21 2 2 169 2013 9 933 77.75 4 5 164 2014 8 631 48.54 2 2 152 2015 6 492 49.20 1 2 148 2016 3 124 24.80 0 1 88 2017 1 53 53.00 0 1 53 2018 4 408 44.55 1 2 126*

Beste vertonings van sy loopbaan soos op 20 Oktober 2017  KolfLopiesWedstrydPlekSeisoenToetse278* t Aboe Dhabi, VAE2010–2011EDI176 t Boland Park, Paarl2017Twintig20 Internasionaal79* t The Oval (Londen)2009Eersterangs278* t Aboe Dhabi2010-11A-lys176 t Boland Park, Paarl2017Twintig-20105*Kingsmead, Durban2009

Verwysings

Eksterne skakels

AB de Villiers by CricketArchive AB de Villiers by Cricinfo

Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners