Van Stadensrus is 'n dorp in die suidooste van die Vrystaat (in Suid-Afrika), naby Lesotho. Die dorp is 29 km suid van Wepener, en 39 km noord van Zastron. Die Egmontdam is hier naby geleë.

Geskiedenis Van Stadensrus is 'n jong dorp; dit is eers in 1925 geproklameer. Dit is vernoem na MH van Staden wat die plaas Mook besit het waarop die dorp in 1920 uitgelê is.

Trivia Noord van die dorp is die graf van CWA Durand wat onder andere 'n kommandant was in die Tweede Vryheidsoorlog en een van die eerste persone wat Thaba Bosiu uitgeklim het tydens die tweede Vrystaat-Basoetoe-oorlog van 1865.

Sien ook NG gemeente Vanstadensrus Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat