Deneysville is 'n dorp in die noordooste van die Vrystaat (in Suid-Afrika), langs die Vaaldam. Die dorp is 24 km vanaf Sasolburg.

Geskiedenis Die dorp is in 1930 op die plase Wilhelmina en Witpoort gestig en was vernoem na Deneys Reitz wat die Minister van Lande was toe die Vaaldam gebou is.

Deneysville is 'n oorddorp en verskaf 'n volle reeks fasiliteite vir waterontspanningaktiwiteite.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat