Die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha of Braganza-Sakse-Koburg en Gotha, was 'n tak van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat oor die Koninkryk van Portugal regeer het – van 1853 tot dit in 1910 'n republiek geword het.
Geskiedenis duimnael|links|100px|Manuel II, laaste koning van Portugal. Die koningshuis is deur prins Ferdinand van Sakse-Koburg en Gotha gestig. Hy het op 9 April 1836 getrou met koningin Maria II van Portugal van die Huis van Bragança en so Ferdinand van Sakse-Koburg-Gotha-Koháry van die Huis van Wettin geword. Lede van die koningshuis het die titels Infante/Infanta van Portugal en Hertog/Hertogin van Sakse gehad.
Op 15 November 1853 is koningin Maria II dood en deur haar oudste seun opgevolg as Pedro V, die eerste koning van die Braganza-Sakse-Koburg en Gotha dinastie.
Die familie sou op die troon bly tot met die begin van die 5 Oktober 1910-rewolusie in Portugal toe koning Manuel II afgesit is en die Eerste Portugese Republiek gestig is. Manuel II het 'n banneling geword en is op 2 Julie 1932 dood.
Vandag gebruik die afstammelinge van prinses Theresa van Sakse-Koburg en Gotha (1902–1990), wat die kleindogter van prinses Leopoldina van Brasilië van die Huis van Bragança was, steeds die van Tasso de Saxe-Coburgo e Bragança. Dit word ook gebruik deur Maria Pia van Sakse-Koburg en Gotha Braganza, 'n vrou wat beweer sy is die buite-egtelike kind van koning Carlos I.
Heersers Pedro V 1853–1861 Luis I 1861–1889 Carlos I 1889–1908 Manuel II 1908–1910
Verwysings
Eksterne skakels Museum van die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Braganca