Die Huis van Nassau-Weilburg het regeer oor ’n deel van Nassau, wat van 1344 tot 1816 ’n staat in die huidige Duitsland was. Die heersers van die huis het daarna oor die Hertogdom van Nassau regeer tot in 1866, en sedert 1890 regeer hulle oor die staat Luxemburg. Die manlike lyn van die Huis van Nassau-Weilburg het uitgesterf met die dood van groothertogin Charlotte in 1985. Die naam het egter behoue gebly vir die regerende dinastie, hoewel die heersers van vaderskant afstam van die Huis van Bourbon-Parma.

Luxemburg duimnael|upright|Groothertogin Charlotte Die Groothertog van Luxemburg is die staatshoof van die staat Luxemburg, die enigste oorblywende soewereine groothertogdom ter wêreld. Die land het dié status in 1815 gekry ná sy vereniging met Nederland onder die Huis van Oranje-Nassau.

Die gebiede van die Nassau-familie in die Heilige Romeinse Ryk was gedeeltelik onderworpe aan die Saliese wet, wat die troonbestyging van vroue of deur vroulike lyne net toegelaat het as daar geen manlike erfgename was nie. Toe Willem III van Nederland sterf met net ’n dogter, Wilhelmina, as erfgenaam, het die troon van Nederland, wat nie aan dié wet onderworpe was nie, na Wilhelmina gegaan. Die troon van Luxemburg het egter gegaan na ’n manlike lid van ’n ander tak van die Huis van Nassau: Adolf, hoof van die Nassau-Weilburg-tak.

In 1907 het Adolf se enigste seun, Guillaume IV van Luxemburg, ’n wet laat deurvoer wat die reg van sy oudste dogter, Marie-Adélaïde, bevestig om hom op te volg aangesien daar geen manlike erfgenaam van die Huis van Nassau was nie. Sy het die land se eerste vroulike heerser geword ná haar pa se dood in 1912. Toe sy in 1919 abdikeer, is sy opgevolg deur haar jonger suster Charlotte. Charlotte het met ’n lid van die Huis van Bourbon-Parma getrou en dus is haar opvolgers, wat sedert haar abdikasie in 1964 oor Luxemburg regeer, ook van vaderskant lede van die Huis van Bourbon.

Heersers van die Huis van Nassau-Weilburg Nassau Grawe van Nassau-Weilburg duimnael|Wapen van die Grawe van Nassau-Weilburg duimnael|Wapen van die Groothertogdom Luxemburg 1344–1371 Johan I 1371–1429 Philip I 1429–1442 Philip II en Johan II 1442–1492 Philip II 1492–1523 Lodewyk I 1523–1559 Philip III 1559–1593 Albrecht 1559–1602 Philip IV 1593–1625 Lodewyk II 1625–1629 Willem Lodewyk, Johan IV en Ernst Casimir 1629–1655 Ernst Casimir 1655–1675 Frederik 1675–1688 Johan Ernst

Vorstelike grawe van Nassau-Weilburg 1688–1719 Johan Ernst 1719–1753 Karel August 1753–1788 Karel Christian 1788–1816 Frederik Willem 1816 Wilhelm

Hertoë van Nassau 1816–1839 Wilhelm 1839–1866 Adolf

Luxemburg Groothertoë van Luxemburg 1890–1905 Adolf 1905–1912 Willem IV 1912–1919 Marie-Adélaïde 1919–1964 Charlotte 1964–2000 Jean 2000–2025 Henri 2025–hede Guillaume V

Verwysings Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikels :en:House of Nassau-Weilburg en :en:List of Grand Dukes of Luxembourg.

Nassau-Weilburg Kategorie:Hesse