Die Koreaanse Keiserryk (Koreaans: 대한제국; Hanja: 大韓帝國, Daehan jeguk, Taehan cheguk, letterlik: "Keiserryk Groot-Korea"), amptelik die Keiserryk Korea of Keiserlike Korea, was 'n Koreaanse monargie wat in Oktober 1897 deur koning Gojong van die Joseon-dinastie uitgeroep is. Die keiserryk het bestaan tot Japan se anneksasie van Korea in Augustus 1910.

Gedurende die Koreaanse Keiserryk se bestaan het keiser Gojong toesig gehou oor die Gwangmu-hervorming, 'n geleidelike modernisering en verwestersing van Korea se weermag, ekonomie, grondstelsel, onderwysstelsel en verskeie nywerhede. In 1905 het die Koreaanse Keiserryk 'n protektoraat van die Japannese Keiserryk geword. Ná die Japannese anneksasie in 1910 is die Koreaanse Keiserryk ontbind. Die Koreaanse Keiserryk was tot op hede die laaste onafhanklike Koreaanse staat wat die hele Koreaanse Skiereiland beheer het.

Keisers #PortretNoemnaamBewindHoflikheidsnaam (H) /Skuilnaam (S)Tempelnaam (廟號) (T) /Postume naam (諡號) (P)Naam van tydperk (年號)VerwestersHangul/HanjaVerwestersHangul/HanjaVerwestersHangul/HanjaVerwestersHangul/Hanja180pxYi Myeong bokYi Hui이명복 (李命福)이희 (李㷩)1897–1907Seongrim (H)Juyeon (S)성림 (聖臨, H)주연 (珠淵, S)Gojong (T)Keiser Tae (P)고종 (高宗, T)태황제 (太皇帝, P)Gwangmu광무 (光武)280pxYi Cheok이척 (李坧)1907–1910Gundang (H)Jeongheon (S)군방 (君邦, H)정헌 (正軒, S)Sunjong (T)Keiser Hyo (P)순종 (純宗, T)효황제 (孝皇帝, P)Yunghui융희 (隆熙)

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geskiedenis van Korea