Morné Morkel (gebore 6 Oktober 1984 in Vereeniging, Transvaal) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse krieketspeler, wat vir die Proteas in al drie vorme van die spel gespeel het. Hy was een van die vinnigste boulers ter wêreld. Hy het onder meer tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 2011 en 2015, die Kampioenetrofeë in 2013 en 2017, asook die T20I-wêreldbekertoernooie in 2007, 2009, 2010, 2012 en 2014 vir Suid-Afrika gespeel. Op 26 Februarie 2018 het Morné Morkel sy uittreding uit Internasionale krieket aangekondig. Hy het in Maart 2018 sy laaste internasionale wedstryd teen Australië gespeel.

Persoonlike lewe Hy kom van 'n Afrikanerfamilie, wat groot krieketondersteuners is. Voordat hy getrou het, het hy saam met sy broer, Albie, en spanmaat AB de Villiers gewoon in Pretoria.

Verwysings

Eksterne skakels

Morné Morkel by Cricinfo Morné Morkel by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1984 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners