Vir ’n artikel oor die oblast met dieselfde naam, sien Samara-oblast.
Samara (Russies: Сама́ра) is 'n stad in Rusland, geleë aan die Wolga, wat in 1586 gestig is. Dit is die hoofstad van die Samara-oblast en het 'n bevolking van 1 163 399 (2018). Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018.
In die Sowjetunie was die stad van 1935 tot 1991 bekend as Koejbysjef, genoem na die Russiese rewolusionêr Walerian Koejbysjef.
Susterstede Stuttgart, Duitsland Koper, Slowenië Stara Zagora, Bulgarye Denizli, Turkye St. Louis, Verenigde State Dnipro, Oekraïne
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Rusland