Pukekohe 300px|center|Pukekohe Ligging Algemene feite Stigting: 1860 Inwoners: 26 300 (2011) Geografiese ligging: Administratiewe verdeling Land: Nieu-Seeland Streek: Franklin
Pukekohe is 'n dorp in die Franklin-distrik van die Noord-Eiland van Nieu-Seeland. Dit het 'n bevolking van 26 300 mense in Junie 2011 gehad. Pukekohe is 50 kilometer suid van Auckland geleë, en is die grootste dorp in Franklin. Die Māori-woord "pukekohe" beteken "heuwel van die kohekohe" ('n mahoniesoort). Daar is 'n groot Suid-Afrikaanse gemeenskap in Pukekohe.
Die vrugbare vulkaniese grond en warm vogtige klimaat ondersteun 'n groot tuinbou- en melkboerderybedrywe. Die Pukekohe "long keeper" ui is ook internasionaal bekend.
Pukekohe is langs die Noord-Eiland se "Main Trunk Railway" en is die mees suidelike stasie van die Auckland voorstedelike spoorweg-netwerk, aan die einde van die Oos- en Suider-lyne. Daaglikse dienste word deur die Silver Fern spoor gelewer.
Pukekohe sal in die Auckland Super City ingesluit word.
Kategorie:Nedersettings in Nieu-Seeland