Die Olimpiese Winterspele 2034 (Engels: 2034 Winter Olympics), amptelik bekend as die XXVIIste Olimpiese Winterspele, sal tussen 10 en 26 Februarie 2034 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied word.
Dit sal die vyfde Winterspele en tiende Olimpiese Spele wees wat in die Verenigde State beslis word. Salt Lake City het voorheen die Olimpiese Winterspele 2002 aangebied.
Die openings- en sluitingseremonie sal in die Rice-Eccles-stadion gehou word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Winterspele 2034 sal tussen 10 en 19 Maart in Salt Lake City gehou word.
Toewysing Salt Lake City is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2034. Die stemming is op die vooraand van die Olimpiese Somerspele 2024 gehou en soos met die Olimpiese Somerspele van 2024 en 2028 is die Olimpiese Winterspele van 2030 en 2034 tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Frankryk en laasgenoemde aan Salt Lake City, Verenigde State.
Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2034 Stad Land Stemme Franse Alpe en Nice Verkies as 2030-gasheer Salt Lake City Verkies as 2034-gasheer
Sportplekke Salt Lake City-gebied Rice-Eccles-stadion – Openings- en sluitingseremonie Delta Center – Kunsskaats, kortbaanskaats Maverik Center – Yshokkie Utah Olympic Oval – Langbaanskaats Olympic Medals Plaza – Big Air
Ogden-gebied Weber County Ice Sheet – Ysbal Snowbasin Resort – Alpeski
Berggebied Soldier Hollow – Tweekamp, heg-en-steg-ski Utah Olympic Park Track – Bobslee, skeleton, rodel Utah Olympic Park Jumps – Skaansspring, Noorse kombinasie Deer Valley Resort – Gebiede, mogole Utah Olympic Track – Vryski (kruis), sneeuplankry (kruis, parallelle reuseslalom) Park City – Halfbaan, hellingstyl
Ander plekke Peaks Ice Arena – Yshokkie
Sien ook Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta Olimpiese Winterspele 2002 in Salt Lake City Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles
Verwysings
Eksterne skakels
Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Kategorie:Salt Lake City 2034 2034 Kategorie:Sport in 2034