Die Paralimpiese Winterspele 2030 (Frans: Jeux paralympiques d'hiver de 2030) sal na verwagting tussen 8 en 19 Maart 2030 in die Franse Alpe en Nice, Frankryk, aangebied word. Dit sal die 15de Paralimpiese Winterspele wees wat aangebied word en ná die Paralimpiese Winterspele van 1992 in Tignes-Albertville en die Paralimpiese Somerspele van 2024 in Parys die derde Paralimpiese Spele in Frankryk.

Die Olimpiese Winterspele 2030 sal tussen 8 en 24 Februarie (in die maand net voor die Paralimpiese Winterspele) ook in die Franse Alpe en Nice gehou word.

Toewysing As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Winterspele 2030 ook die gasheer vir die Paralimpiese Winterspele 2030. Die Franse Alpe en Nice is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2030.

Die stemming het as volg verloop: Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2030 Stad Land Stemme Franse Alpe en Nice Verkies as 2030-gasheer Salt Lake City Verkies as 2034-gasheer

Sien ook Paralimpiese Winterspele 1992 in Tignes-Albertville Paralimpiese Somerspele 2024 in Parys

Verwysings

Kategorie:Geskiedenis van Frankryk 2030 Kategorie:Sport in 2030 Kategorie:Sport in Frankryk