Oubergpas is 'n bergpas in die Waboomsberge op die grondpad (PO294), noordoos van Montagu, na Touwsrivier. Die pas is 7,8 km lank en daar is 38 draaie, kronkels en skerpdraaie. Die verskil tussen die hoogste en laagste punt is 497 m en dit het 'n gemiddelde helling van 1:16. Die pas is begaanbaar vir alle tipe voertuie.

Sien ook Lys van bergpasse in Suid-Afrika

Bron https://www.mountainpassessouthafrica.co.za/find-a-pass/western-cape.html?start=190

Kategorie:Bergpasse van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap