Cambridge (in outydse Afrikaans Kambrugge) is 'n stad en distrik in die graafskap Cambridgeshire in die suidooste van Engeland. Die stad is ongeveer 80 kilometer noordoos van Londen langs die Camrivier geleë. Cambridge beslaan 'n oppervlakte van 115,65 km² en het in 2010 'n bevolking van sowat 126 000, waarvan min of meer 22 500 studente is.

duimnael|links|Die Universiteit van Cambridge Die stad is veral bekend as die tuiste van die Universiteit van Cambridge, wat naas die Universiteit van Oxford een van die twee belangrikste Engelse universiteite is. Die verskillende kolleges is oor die stad versprei, maar ressorteer almal onder dieselfde universiteit. Die stad het ook 'n bekende wetenskappark en is die tuiste van talle rekenaar- en elektronika-maatskappye.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Cambridge beteken letterlik brug oor die Cam. Cambridge, Online Etymology Dictionary Talle groen parke kan langs die Camrivier gevind word. Dit was een van die Engelse gasheerstede tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1973.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings in Engeland