Koper(I)fosfied of trikoperfosfied is 'n verbinding van koper en fosfor met die chemiese formule .

Dit is een van verskeie koperfosfiede, soos en , maar dit is die enigste wat blootgestel aan die lug stabiel is. Die verbinding is nie heeltemal stoigiometries nie, ten minste by 700 °C. Dit kan geskryf word as met 2,82<x<2,73 by hierdie temperatuur.

Kristalstruktuur Koper(I)fosfied kristalliseer in 'n heksagonale struktuur met ruimtegroep P6mc. Aanvanklik is die verbinding beskryf as die argetipe van die trigonale D0-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie met ruimtegroep Pc1. Daar is verbindings soos lantaanfluoried wat die antistruktuur daarvan het. In 1972 het Oloffson egter getoon dat koper(I)fosfied self nie hierdie struktuur het nie. D0 word daarom soms die lantaanfluoriedstruktuur genoem in plaas van die koper(I)fosfiedstruktuur.

Die ideale (stoigiometriese) heksagonale struktuur kan beskryf word as 'n komplekse reeks van onderling gekoppelde driehoekige prismas () met een bykomende koperatoom buite elk van die reghoekige en trigonale vlakke van hierdie prismas.

Chemiese eienskappe Koper(I)fosfied word industrieel vervaardig deur die elemente by temperature bo 800 °C te verhit. 'n Ander metode is om 'n suspensie van rooi fosfor in etanol op 'n koperfolie te spuit, by 70 °C die etanol te verdamp en die koper met die fosforlagie by 400 °C te verhit.

Navorsing van die materiaal se gebruik as elektrode in litiumselle het getoon dat dit elektrochemies in omgeskakel kan word.

Die verbinding het katalitiese eienskappe. Bv. dit aktiveer die oksidasie van Oranje II deur peroksiedisulfaat. Dit beteken dat dit die oksidatiewe remediëring van besoedeling kan vergemaklik.

Gebruike Die verbinding het industriële toepassings as 'n soort fyn soldeersel en as 'n belangrike legeringstoevoeging. Dit is moontlik 'n goeie negatiewe elektrode in spesiale batterye.

Verwysings

fosfied kategorie:Verbindings van fosfor kategorie:Anorganiese verbindings