Reddersburg is 'n dorp in die sentrale deel van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is oos van Edenburg, wes van Dewetsdorp, en 60 km suid van Bloemfontein.

Geskiedenis duimnael|links|300px|Die destydse CNO-skool op Reddersburg wat ook 'n tyd lank diens gedoen het as weeshuis. Die dorp het ontstaan as 'n Gereformeerde gemeente op die plaas Vlakfontein wat op 20 Augustus 1859 vir die doel aangekoop was vir ₤1 500. Die dorp is twee jaar later uitgelê en Reddersburg genoem - na die Heiland. In 1894 het die munisipaliteit die beheer van die dorp by die kerk oorgeneem. Die plaaslike NG gemeente is eers in 1910 gestig.

Distrik Die distrik is 1 500 km2 groot en skaapboerdery is die belangrikste. Die N6 nasionale pad gaan deur die dorp.

Tweede Vryheidsoorlog Generaal Christiaan de Wet het 'n hele Britse kolonne hier gevange geneem op 4 April 1900 nadat sy Britse eweknie William Forbes Gatacre traag was om te reageer.

Noemenswaardige boorlinge Ds. Johan van Ryssen, Gereformeerde predikant Corrie de Klerk, eggenote van sen. Jan de Klerk en moeder van pres. FW de Klerk Willem de Klerk, Gereformeerde predikant, hooglelaar, koerantredakteur

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Gereformeerde kerk Reddersburg NG gemeente Reddersburg

Bronne

B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995.

Eksterne Skakels Vrystaat Toerisme

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat