Lelystad is 'n munisipaliteit en stad in die Nederlandse provinsie Flevoland. Die munisipale gebied het sowat 75 000 inwoners (2011) en 'n oppervlakte van 765 km². Die munisipaliteit is in 1980 gestig. Lelystad is die hoofstad van Flevoland.

Lelystad is een van die grootste stede van die provinsie. Dit is in 1967 na Cornelis Lely vernoem.

Kategorie:Munisipaliteite in Flevoland Kategorie:Nedersettings in Flevoland Kategorie:Provinsiehoofstede van Nederland Kategorie:Stede in Nederland