Victoria 270px Kaart Vlag 180px|center 90px|center|border Wapen 75px|center Land Eilande Mahé Koördinate Gestig op Oppervlakte: - Totaal vk km Hoogte bo seevlak 0 m Bevolking: - Totaal (2002) 24 970 - Bevolkingsdigtheid /vk km Tydsone UTC +4 - Somertyd UTC +4 Burgemeester Amptelike webwerf
Victoria (ook Port Victoria) is die hoofstad en grootste stad van die Republiek van Seychelle, geleë aan die noordoostelike kant van Mahé-eiland, die hoofeiland van die eilandgroep. Die stad is eers gestig as die setel van die Britse koloniale regering. In 2010 was die bevolking van Groter Victoria (insluitend die voorstede) 26 450 (26,66%) uit die land se totale bevolking van 99 202.
Geskiedenis Die gebied wat Victoria sou word, is oorspronklik in 1778 deur Franse koloniste gevestig nadat hulle die eiland in 1756 opgeëis het. Die stad is L'Établissement genoem tot 1841 toe dit deur die Britte na Victoria herdoop is, na koningin Victoria.Roman Adrian Cybriwsky, Capital Cities around the World: An Encyclopedia of Geography, History, and Culture, ABC-CLIO, USA, 2013, bl. 321
Ekonomie Toerisme is 'n belangrike sektor van die ekonomie. Die belangrikste uitvoer van Victoria is vanielje, klappers, klapperolie, vis en guano.
Opvoeding Die Mont Fleuri-kampus van die Universiteit van Seychelle is in Victoria.
Kultuur Besienswaardighede in die stad sluit in 'n kloktoring geskoei op Little Ben in Londen, die hofgebou, die Botaniese Tuine, die Nasionale Museum van Geskiedenis, die Natuurhistoriese Museum en die Sir Selwyn Selwyn-Clarke-mark. Victoria-mark en die helderkleurige vis- en vrugtemarkte is die plaaslike warm plek vir die Seychellois-mense.
Plekke van aanbidding Daar is twee katedrale in Victoria, Onbevlekte Ontvangeniskatedraal (Rooms-Katoliek) en St Paul Katedraal (Anglikaans). Daar is ook Baptiste en Pinkster kerke,J. Gordon Melton, Martin Baumann, "Religions of the World: A Comprehensive Encyclopedia of Beliefs and Practices", ABC-CLIO, USA, 2010, bl. 2591 moskees en Hindoe tempels.
Sport Stade Linité, die nasionale stadion, is in Victoria. Dit word meestal vir sokkerwedstryde gebruik.
Vervoer Victoria word bedien deur die Seychelle Internasionale Lughawe, voltooi in 1971. Die binneste hawe lê onmiddellik oos van die stad, waar tornynhengel en inmaak 'n belangrike bedryf is. Een van die grootste brûe in Victoria is vernietig deur tsoenamigolwe van die aardbewing in die Indiese Oseaan in 2004.
Distrikte Vier van die distrikte van Seychelle is in Victoria.
Greater Victoria English River (La Rivière Anglaise), die sentrale distrik Saint Louis Mont Fleuri Bel Air
Tweelingdorpe en susterstede Victoria is 'n tweelingdorp en susterstede met: Land Stad Djiboeti Daliyat al-Karmel Haikou
Klimaat Victoria beskik oor 'n tropiese reënwoudklimaat (Köppen-klimaatklassifikasie Af) met hoë temperature deur die loop van die jaar. Die hoofstad het wel merkbaar natter en droër tydperke gedurende die jaar, met Junie en Julie as die droogste maande en Desember tot Februarie is die stad se natste maande. Aangesien die gemiddelde maandelikse neerslag in geen maand onder 60 millimeter of 2,4 duim in Victoria val nie, het die stad nie 'n ware droëseisoen-maand nie. Hierdie gebrek aan 'n ware droë seisoen maand is 'n primêre rede waarom die klimaat onder die tropiese reënwoud klimaat kategorie val. Die hoofstad is gemiddeld sowat 2 300 millimeter reënval jaarliks. Alhoewel dit baie reënerig is, is die lug gewoonlik helder tot gedeeltelik helder en heeltemal bewolkte dae bly skaars deur die jaar, selfs gedurende die reënerigste maande.
Verwysings
Kategorie:Geografie van die Seychelle Kategorie:Kusstede