Dealesville is 'n dorp tussen Bloemfontein en Boshof in die Vrystaat, in Suid-Afrika.

Geskiedenis Dit het sowat 20 jaar geneem om Dealesville te stig. Die rede was dat daar aanvanklik nie grond beskikbaar was nie. Dealesville was uiteindelik op die plaas Klipfontein, in besit van John Henry Deale, gestig. Die dorp is op 20 Julie 1899 geproklameer en het in 1914 'n munisipaliteit geword.

Distrik Daar is baie soutpanne in die distrik. Die Baden-Baden-mineraalbronne is sowat 15 km vanaf Dealesville. Die dorp is die kommersiële sentrum vir 'n gebied van gemengde boerdery.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne

Vetwysings

Kategorie:Nedersettings in die Vrystaat