Die Samojeedse tale is 'n taalgroep wat aan die ooste- en westekant van die Oeralgebergte in Rusland in Noordelike Eurasië deur altesaam ongeveer 30 000 sprekers gepraat word. Die Samojeedse tale stam van die gemeenskaplike oertaal Proto-Samojeeds af en vorm saam met die Fins-Oegriese tale die Oeraalse taalfamilie.
Onderafdelings Die Samojeedse tale word in 'n Noordelike en Suidelike groep onderverdeel: Noordelike Samojeeds Enets word moontlik nog deur 100 mense gepraat, word verder onderverdeel in Woud-Enets en Toendra-Enets Nenets (Joerak) word deur ongeveer 27 000 mens gepraatDaniel Mario Abondolo, The Uralic Languages, uitgegee deur Taylor & Francis, 1998, , , bl. 2 Nganasaans word deur ongeveer 600 mens gepraat †Joeratsies, 'n nou uitgestorwe taal wat in die Jenisejrivier se omgewing gepraat is.
Suidelike Samojeeds †Kamassies (Kamas), 'n nou uitgestorwe taal †Matories (Motor), 'n nou uitgestorwe taal †Koibal, 'n nou uitgestorwe taal Selkoeps (Ostjak-Samojeeds) is in 1994 na raming nog deur 1 570 mense gepraat
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Oeraalse tale Kategorie:Taalfamilies