Wogoels (Wogoels: маньси; mansi of моаньсь; moans, Russies: мансийский; mansiiski) is een van twee Ob-Oegriese tale, die ander is Ostjaaks, wat saam met Hongaars die Oegriese tak van die Fins-Oegriese groep in die Oeraalse taalfamilie vorm. Dit word langs die Obriver en sy sytakke gepraat insluitend in die Chanto-Mansië (Russies: Ханты-Мансийский - Chanti-Mansjiskii) outonome Okrug en die Sverdlovsk Oblast in Siberië in Rusland gepraat. Volgens die 1990 sensus was daar 3 184 Wogoelssprekers in Rusland.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Oeraalse tale Kategorie:Tale van Rusland