Die Permiese tale is 'n deelgroep van die Fins-Permiese tale in die Fins-Oegriese tak van die Oeraalse taalfamilie. Die tale word in Rusland in die Oeralgebergte in die deelrepublieke Komi en Oedmoertië gepraat.

Die Permiese tale is: Komi Komi-Sirjeens Komi-Permjaaks Oedmoerts

Die Permiese tale het die vroegste van die Finse tak van die Fins-Oegriese tale weggebreek. Aangesien leenwoorde uit Tsjoewasjies in beide Oedmoerts en in Komi-Sirjeens en Komi-Permjaaks voorkom, word daar gemeen dat die Permiese tale tydens die bewind van die Wolga-Bulgare van die 7de eeu tot die 13de eeu nog 'n eenheid gevorm het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Oeraalse tale Kategorie:Taalfamilies