Die Wolgaïese tale of Fins-Wolgaïese tale is 'n deelgroep van die Fins-Oegriese tale in die Oeraalse taalfamilie wat in die omgewing van die Wolgarivier deur die sogenaamde Wolga-Finne gepraat word. Die groep sluit Mari en die Mordwiense tale in wat weer uit die tale Moksja en Erzja bestaan.The Uralic Language Family: Facts, Myths and Statistics; deur Angela Marcantonio; bl. 57; Uitgestorwe tale wat volgens aanname tot die Wolgaïese tale behoort het, sluit Merjanies, Mesjtjeries (Russies: Мещерский) en Moeromies in.

Wolgaïes tesame met die Oosseefinse tale vorm die Fins-Wolgaïese groepering van die Fins-Permiese tale wat na raming in die 3de millennium v.C. van die Permiese tale geskei het.The Finno-ugric republics and the Russian state By Rein Taagepera; ; bl. 33 Daar word geskat dat Wolgaïes self in sy onderskeie deeltale verdeel het in ongeveer 1200 v.C.Encyclopedia Britannica s.v. "Volga-Finns".

Verwysings

Kategorie:Oeraalse tale Kategorie:Taalfamilies