Kristiansand 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|senter Land  Provinsie (Fylke) 15px Agder Koördinate  Stigting 1641 Oppervlakte:    - Totaal 428,21 vk km  Hoogte bo seevlak m Bevolking:    - Totaal (31 Desember 2025) 119 287  - Bevolkingsdigtheid 270/vk km  - Metropolitaanse gebied 155 648  - Taalvorm Onsydig Tydsone UTC +1 (MET)  - Somertyd UTC +2 (MEST) Klimaat    - Tipe Gematigde seeklimaat  - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 7,6 °C  - Gem. temp. Januarie/Julie 0,2 / 16,6 °C  - Gemiddelde jaarlikse neerslae 1381,5 mm Burgemeester Mathias Bernander (H) Amptelike webwerf kristiansand.kommune.no

Kristiansand (Noors: [kristianˈsan], ; voorheen Christian(s)sand) is die sesde grootste stad in Noorweë ná Oslo, Bergen, Trondheim, Stavanger en Bærum met 'n oppervlakte van 428,21 vierkante kilometer en 'n bevolking van 119 287 (soos op 31 Desember 2025). Dit is die suidelikste grootstad in Noorweë en sowat 50 km oos van dié land se suidelikste punt geleë.

duimnael|links|upright|Die domkerk van Kristiansand Kristiansand lê langs die Noordseekus in die suidweste van Noorweë in die Suid-Noorse provinsie (fylke) Agder en vorm 'n stedelike munisipaliteit (kommune). Dit is veral bekend as 'n belangrike hawestad vir veerbote na Denemarke en is somers 'n bedrywige plesierbootbestemming. Daarbenewens is die stad een van die sonrykste plekke in Noorweë en gevolglik 'n gewilde vakansiebestemming vir Noorweërs.

Kristiansand beskik oor 'n strategies belangrike ligging langs die Skagerrak en reeds in 1555 is onder die Deens-Noorse koning Christiaan III bevestigings opgerig. In 1641 het sy kleinseun Christiaan IV Kristiansand amptelik gestig. Uit dié tydperk dateer die stad se reghoekige straatrooster, Kvadraturen genoem. Die domkerk van Kristiansand is een van die grootstes in Noorweë met sitplek vir sowat 1 000 mense.

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf

Kategorie:Nedersettings langs die Noordsee Kategorie:Nedersettings in Noorweë