In die Griekse mitologie verwys Hicetaon (Grieks: Ἱκετάονα of Ἱκετάονος) na:

Hicetaon, 'n Trojaanse prins en die seun van Koning Laomedon van Troje, en dus die broer van Koning Priamos.Homeros, Ilias 3.147; Apollodorus 3.12.3; Dictys Cretensis, 4.22 Hy was een van die Trojaanse oueres.Homeros, Ilias 20.238 Nadat Paris vir Helena ontvoer het, het Hicetaon voorgestel dat sy teruggeneem word na Menelaos ten einde te verhoed dat oorlog uitbreek. Sy seuns was Melanippos, wat gesterf het tydens die einste oorlog wat Hicetaon probeer voorkom het;Homeros, Ilias 15.547 & 576; Strabo, 13.1.7 Kritolaos, man van Priamos se dogter Aristomache;Pausanias, 10.26.1 Thumoetes (slegs in die Eneïde, andersins aangegee as sy broer);Vergilius, Eneïde 10.132 en moontlik Antenor.Eustatios van Thessaloniki oor Homeros, p. 349; skolia oor die Ilias 3.201 Hicetaon, prins van Methymna, Lesbos, en die seun van Koning Lepetymnus en Methymna, dogter van koning Makareus.Diodorus Siculus, 5.81 Hy en sy broer Hypsipylus het hul tuisstad verdedig teen Achilles en is gedood tydens die geveg.Parthenios van Nicaea, 21

Verwysings

Bronnelys Apollodorus, Die biblioteek met 'n Engelse vertaling deur Sir James George Frazer, F.B.A., F.R.S. in 2 Volumes, Cambridge, MA, Drukpers van Harvard-universiteit; Londen, William Heinemann Bpk. 1921. . Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Griekse teks beskikbaar by dieselfde webwerf. Dictys Cretensis. Uit die Trojaanse Oorlog. "Die Kronieke van Dictys van Kreta en Dares die Frigiër", vertaal deur Richard McIlwaine Frazer, Jnr. (1931-). Drukpers van die Universiteit van Indiana. 1966. Die aanlyn weergawe kan gevind word by Topos teksprojek. Homeros, Die Ilias, Afrikaanse vertaling deur Johannes Petrus Jansen van Rensburg, 1952 Homeros, Die Ilias, met 'n Engelse vertaling deur A.T. Murray, Ph.D. in twee volumes. Cambridge, MA., Drukpers van Harvard-universiteit; Londen, William Heinemann, Bpk. 1924. . Die aanlyn weergawe kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek. Homeros, Homeri Opera in vyf volumes. Oxford, Drukpers van die Universiteit van Oxford. 1920. . Griekse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Parthenios, Liefdesromanse, vertaal deur Sir Stephen Gaselee (1882-1943), S. Loeb-klassieke biblioteek Volume 69. Cambridge, MA. Harvard-universiteit drukkers. 1916. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Topos teksprojek. Parthenios, Erotici Scriptores Graeci, Vol. 1. Rudolf Hercher. in aedibus B. G. Teubneri. Leipzig. 1858. Griekse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Pausanias, Beskrywing van Griekeland, met 'n Engelse vertaling deur W.H.S. Jones, Litt.D., en H.A. Ormerod, M.A., in 4 Volumes. Cambridge, MA, Harvard-universiteit drukkers; Londen, William Heinemann Bpk. 1918. . Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek Pausanias, Graeciae Descriptio. 3 vols. Leipzig, Teubner. 1903. Die Griekse teks kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek. Vergilius, Eneïde Theodore C. Williams. vertaler. Boston. Houghton Mifflin Co. 1910. Die aanlyn weergawe kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek. Vergilius, Bucolics, Aeneid, and Georgics. J. B. Greenough. Boston. Ginn & Co. 1900. Latynse teks beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Strabo, The Geography of Strabo. Uitgawe deur H.L. Jones. Cambridge, Mass.: Harvard-universiteit drukkers; Londen: William Heinemann, Bpk. 1924. Aanlyn weergawe beskikbaar by die Perseus digitale biblioteek. Strabo, Geographica geredigeer deur A. Meineke. Leipzig: Teubner. 1877. Die Griekse teks kan gevind word by die Perseus digitale biblioteek.

Kategorie:Mitologie