Johann Sebastian Bach se Magnificat, BWV 243, is 'n toonsetting van die Bybelse lied Magnificat. Dit word beset vir vyf stemme(twee soprane, alt, tenoor en bas), en 'n Barokorkes met trompette en keteltromme. Dit is Bach se eerste groot liturgiese komposisie oor 'n Latynse teks.

In 1723, nadat hy die pos as Thomaskantor in Leipzig opgeneem het, het Bach die teks van die Magnificat in 'n komposisie van twaalf bewegings in die toonsoort E-mol-majeur getoonset. Vir 'n uitvoering tydens Kersfees het hy vier lofgesange (laudes) ingevoeg wat met Kersfees verband hou. Hierdie weergawe, insluitend die Kersfees-laudes, het die nommer 243.1 (voorheen 243a) in die katalogus van Bach se werke gekry.Werk 00303 op die Bach Digital-webtuiste

Bach het 'n nuwe weergawe van sy Latynse Magnificat gekomponeer, waarskynlik vir die Fees van die Maria-besoek (Duits: Mariä Heimsuchung) ('n feesdag in die Lutherse Kerk om die besoek van Maria aan Elizabeth te gedenk) van 1733, of 'n ander fees in of rondom daardie jaar. Dié weergawe het geen Kersfees-laudes gehad nie, en die instrumentbesetting van sommige bewegings is verander of uitgebrei, terwyl die toonsoort van E-mol-majeur tot D-majeur getranskribeer is om die trompette te kon akkommodeer. Hierdie weergawe van Bach se Magnificat staan dus bekend as BWV 243.2 (voorheen BWV 243).Werk 00302 op die Bach Digital-webtuiste

Nadat beide weergawes in die 19de eeu gepubliseer is, het die tweede die standaard vir uitvoering geword. Dit is een van Bach se gewildste vokale werke.

Geskiedenis In Leipzig was die Magnificat gereelde toevoeging tydens dienste op Sondae uitgevoer. Dit is op gewone Sondae egter in Duits gesing, maar vir groot feesdae (Kersfees, Paasfees en Pinkster)Sien Steinberg 2005, bl. 32. en op die drie belangrike Mariafeeste (die Fees van die Aankondiging van die Here, die Fees van die Mariabesoek en die Fees van die Maria-reiniging) is meer uitgebreide toonsettings in Latyn uitgevoer.Sien Jones 2013.Sien Schröder 2012.

Bach se ampstermyn as Thomaskantor in Leipzig Afgesien van 'n vroeë toonsetting van die Kyrie, op 'n gemengde Griekse en Duitse teks (BWV 233a ),Werk 00292 op die Bach Digital-webtuiste.Die bladmusiek is beskikbaar by die International Music Score Library Project. is Bach se bekende liturgiese komposisies wat hy tydens sy ampstermyn as Thomaskantor in Leipzig (1723–1750) gekomponeer uitsluitlik in Latyn. Vergeleke met die Lutherse praktyk elders is 'n ongekende hoeveelheid Latyn in kerkdienste in Leipzig gebruik.Sien Spitta 1884, bl. 263ff. 'n Vroeë staaltjie van Bach se belangstelling in liturgiese praktyke in Leipzig dateer uit 1714, toe hy die volgorde van die diens op die eerste Sondag in Advent tydens 'n besoek aan die dorp opgeteken het.Sien Spitta 1884, bl. 265. Johann Kuhnau was destyds die kantor in Leipzig.Sien Schrok 2009, bl. 279. Ná Kuhnau se sterfte in 1722 het Christoph Graupner naas Bach aansoek gedoen vir die pos van Thomaskantor. Graupner was 'n oudleerling van Kuhnau en het 'n Magnificat wat hy vir Kersfees 1722 gekomponeer het as 'n oudisiestuk in Januarie 1723 hergebruik het. Drie weke later het Bach sy oudisiekantate Jesus nahm zu sich die Zwölfe (BWV 22) en Du wahrer Gott und Davids Sohn (BWV 23) voorgelê.Mus.ms 430/29 (outograafmanuskrip van Graupner se 1722-Magnificat) by die webtuiste van die Technische Universität Darmstadt, bl. 1 en 8. bl. 219 Bach het die posisie van Thomaskantor op 30 Mei 1723 beset. Dit was die eerste Sondag ná Drie-Eeenheidsondag, en Bach het ambisieuse kantate met 14 bewegings uitgevoer: Die Elenden sollen essen (BWV 75). Die volgende Sondag het hy 'n vergelykbare kantate uitgevoer, naamlik Die Himmel erzählen die Ehre Gottes (BWV 76).

Tradisionele toonsetting van die Duitse Magnificat duimnael|600x600px|Die tradisionele toonsetting in D-mineur van Luther se Duitse Magnificat, wat 'n spesifieke Duitse weergawe van die negende psalmtoon of tonus peregrinus is.Sien Lundberg 2012, bl. 10–11. Die tradisionele toonsetting van Luther se Duitse vertaling van die Magnificat ("Meine Seele erhebt den Herren") is 'n Duitse variant van die tonus peregrinus, 'n taamlik uitsonderlike psalmtoon in Gregoriaanse gelyksang.Sien Lundberg 2012, bl. 10–11. Die tonus peregrinus (of negende psalmtoon) word geassosieer met die negende of eoliese modus.Sien Lundberg 2012, bl. 45. Vir die tradisionele toonsetting van Luther se Duitse Magnificat is dit die mineurmodus, waarvan die laaste noot van die melodiese formule die tonika is, 'n vyfde onder die openingsnoot.

Die tonus peregrinus-variant wat met Luther se Duitse Magnificat geassosieer word, kom voor in komposisies van onder andere Johann Hermann Schein, Heinrich Schütz, Johann Pachelbel en Dietrich Buxtehude. Bach gebruik die melodiese formule as 'n instrumentale cantus firmus in die tiende beweging van sy Latynse Magnificat, "Suscepit Israel".Sien Rathey 2016. Hy gebruik dit weer in sy Duitse Magnificat – die kantate Meine Seel erhebt den Herren (BWV 10) – wat hy vir die Fees van die Maria-besoek van 1724 gekomponeer het, asook in die koraalharmonisasies (BWV 323 en 324) en in die vierde Schübler-korale (BWV 648).Sien Rizzuti 2013, bl. 2–4.Sien Spitta 1884, bl. 283ff. Ook in Fuga sopra il Magnificat (BWV 733) word die melodiese formule as tema gebruik: hierdie koraalvoorspel kan egter die werk van Bach se leerling Johann Ludwig Krebs wees.Koraalverwerking Meine Seele erhebt den Herren (fuga) BWV 733 by .Meine Seele erhebet den Herren (BWV 733): Bladmusiek by die International Music Score Library Project.

Uitgebreide toonsettings van die Magnificat As 'n fundamentele deel van vespers, evensong of mette, was die Magnificat reeds langer as 'n eeu voordat Bach dit getoonset het die liturgiese teks wat die meeste getoonset is, naas die gewone orde van die mis.Sien Lowther Clarke 1922.Sien Taft 1986.Sien Porter 2008, bl. 63. In die Protestantisme was daar geen Latynse teks wat meer dikwels as die Magnificat getoonset is nie.Sien Rimbach 2005, bl. 102ff. Toonsettings van die Duitse vertaling van die Magnificat was algemeen vanaf die vroeë 17de eeu, sonder dat een vorm die ander onderdruk het.

Uitgebreide toonsettings van die Magnificat, insluitend toonsettings in 'n concertato-formaat (met verskeie bewegings wat vir koor-, orkes- en vokale soliste getoonset is) en 'n nielineêre hantering van die teks (dit wil sê dele van die teks word verskeie kere deur die sangers herhaal), gaan terug na die ou Italiaanse musiekskool.Sien Franz 1863, bl. 6. So 'n voorbeeld kan gevind word in Claudio Monteverdi se Magnificat a 7 voci, een van twee alternatiewe Magnificat-toosettings wat in sy Vespro della Beata Vergine ingesluit is.Sien Rimbach 2005, bl. 102ff. In die Lutherse tradisie is daar byvoorbeeld Schütz se Latynse Magnificat (SWV 468). Die Magnificat-toonsettings van komponiste soos Johann Levini, Antonio Lotti en Francesco Durante het as moontlike inspirasies vir Bach gedien.Schering 1924, "Introduction".Sien Kretzschmar 1921, bl. 394f. Tydgenote van Bach soos Heinichen en Vivaldi het ook die Magnificat getoonset.

In baie van hierdie toonsettings kan 'n enkele vers van die Magnificat deur een of meer soliste gesing word, afgewissel met koorsang. 'n Voorbeeld hiervan is Bach se hantering van die derde Magnificat-vers ("Quia respexit humilitatem ancillae suae ecce enim ex hoc beatam me dicent omnes generationes"): Die sopraansolis sing die eerste woorde van die vers, terwyl die koor met "omnes generationes" afsluit. Dié spesifieke hantering van die derde vers, wat slegs die laaste twee woorde ("omnes generationes") aan die koor oorlaat, is voorheen al deur Ruggiero Fedeli gedoen, asook in 'n Magnificat in G-mineur van 1720 – wat Bach waarskynlik geken het. (Dié Magnificat is voorheen aan Tomaso Albinoni toegeskryf.)Sien Kretzschmar 1921, bl. 394f.Sien Marshall 1989a, bl. 12 & 13.Sien Jenkins 2000, bl. 1. Ook Graupner se 1722 Magnificat toon dié verdeling.

'n Verdere kenmerk van Bach se Magnificat is dat dit vir 'n vyfstemmige koor getoonset is. Die vergroting van 'n standaard-SATB- koor met meer stempartye was egter geen nuutjie wat Magnificat-komposisies betref nie: Johann Pachelbel, die onderwyser van Johann Sebastian se oudste broer (Johan Christoph, orrelis by Ohrdruf), het byvoorbeeld 'n ses Magnificats vir SSATB-koor gekomponeer, en een vir soliste, SSATB-dubbelkoor en orkes. Kuhnau se Magnificat in C-majeur span ook 'n SSATB-koor in. Bach het reeds vir 'n SSATB-koor in Weimar gekomponeer (Der Himmel lach! Die Erde jubilieret! (BWV 31), 'n Paaskantate uit 1715). Hy het dieselfde gedoen in sy begrafnismotet Jesu, meine Freude (BWV 227). Rondom die tyd toe die D-majeurweergawe van die Magnificat ontstaan het, het hy vir dieselfde vergrote koor gekomponeer in sy 1733-mis vir die Dresden-hof (BWV 232). Ander vergrote toonsettings vir koor deur Bach sluit in sy Sanctus vir ses stemme (SSSATB) vir Kersfees 1724, en komposisies vir dubbelkoor soos die Matteuspassie (BWV 244) van 1727 en die sekulêre kantate Preise dein Glücke, gesegnetes Sachsen (BWV 215) van 1734. Sulke komposisies met 'n vergrote koor is egter buite Bach se gewone werkswyse vir liturgiese musiek.Sien Jones 2013, bl. 133.

Bach was nie die eerste wat gemengde Duitse/Latynse Kersfees-insetsels in 'n Magnificat ingesluit het wat in Latyn gesing word nie: Hieronymus Praetorius het in 1622 'n Magnificat met sulke insetsels gepubliseer.Sien Magnificat 5. Toni cum canticis Ecclesiasticis by . Samuel Scheidt se Geistliche Konzerte III (1635) bevat drie Magnificats met insetsels,Sien Samuel-Scheidt-Werke-Verzeichnis, 2000 by . die eerste hiervan (SSWV 299 vir SSATTB en basso continuo) met die eerste strofe Vom Himmel hoch da komm ich her (Luther 1534) as eerste insetsel.Magnificat (met Duitse insetsels vir Kersfees), SSWV 299 by .

Weergawes vir die Fees van die Maria-besoek In die Evangelie van Lukas word die woorde van die Magnificat deur Maria gespreek wanneer sy haar niggie Elizabeth besoek. Albei vroue was swanger: Maria met Jesus en Elisabet met Johannes die Doper. In sekere denominasies van die Christendom word die fees ter herdenking van daardie besoek die Fees van die Maria-besoek genoem. Dit is 'n uiteraard 'n uitstekende geleentheid om meer as die gewone aandag aan die Magnificat-lied in die liturgie te gee, terwyl die fees die gebeurtenis herdenk wat aan die oorsprong daarvan gekoppel is.

In Bach se tyd het die Fees van die Maria-besoek op 2 Julie geval. Die D-majeurweergawe van Bach se Magnificat (dus BWV 243.2) is dus moontlik op 2 Julie 1733 uitgevoer as deel van die kerkdiens in die Sint Thomas-kerk (of Thomaskirche) in Leipzig. Daardie jaar was daar 'n tydperk van rou ná die dood van die keurvors van Sakse, Augustus die Sterke. Gedurende die routydperk – wat gestrek het van die tweede Sondag voor die Vaste (15 Februarie) tot die vierde Sondag ná Drie-eenheidsondag (28 Junie) – is geen konsertmusiek in die kerke toegelaat nie. In dié tydperk het Bach 'n Kyrie-Gloria-mis in B-mineur gekomponeer wat hy aan die opvolger, Frederick Augustus II, opgedra het in 'n brief wat gedateer is.Sien Glöckner 2009.Sien Stockigt 2013, bl. 39–53.