Carl Zeiss AG is een van die leidende internasionale maatskappye in die fyn-meganies-optiese bedryf. Sy hoofkwartier is in Oberkochen (deelstaat Baden-Württemberg), Duitsland gesetel. Carl Zeiss beskik oor aanlegte en filiaalmaatskappye in Jena, Göttingen, Aalen, Hallbergmoos, Roßdorf en Wetzlar (Carl Zeiss Sports Optics GmbH) asook in die Verenigde State, Hongarye, Switserland, Meksiko, Belarus, die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Israel en Suzhou in die Volksrepubliek China.
Die optikus Carl Zeiss was die stigter van die maatskappy.
Verwysings
Kategorie:Baden-Württemberg Kategorie:Duitse maatskappye Kategorie:Fotografiese maatskappye