Jacques Romain Georges Brel (* 8 April 1929 in Schaarbeek (Brussel) † 9 Oktober 1978 in Bobigny, Frankryk) was 'n Belgiese sanger, liedjieskrywer, komponis en akteur. Hoewel hy van Belgiese afkoms was, word Brel tans as 'n simbool van die Franse chanson beskou.

Bekende chansons van Jacques Brel Quand on n'a que l'amour (Om met Liefde Alleen) Vesoul La valse à mille temps Le plat pays (My Lae Land) Les bourgeois (Die Bourgeois) Amsterdam (Op die Amsterdamkaai) Ne me quitte pas (Moet my nie verlaat nie) Le Moribond (Die Sterwende) Les Flamandes (Vlamingvrou) Mathilde On n'oublie rien ('n Mens vergeet nie) Ces gens là (Daardie Mense) Orly

Ander kunstenaars se opname van Brel liedjies Verskeie kunstenaars het Jacques Brel se liedjies opgeneem. In 1967/68 het Scott Walker sy treffer Jackie op die mark gebring. 'n Wêreldtreffer was Terry Jack se Seasons in the Sun in 1974, wat die Engelstalige vertaling van La Moribonde (Die Sterwende) is. Ander kunstenaars wat Jacques Brel geïnterpreteer het, sluit in David Bowie (Amsterdam) en Sting. In 2007 het die Suid-Afrikaanse sanger Herman van den Berg Jacques Brel se liedjies op 'n CD Brel in Afrikaans op die mark gebring.

Eksterne skakels

Brelitude

Kategorie:Belgiese komponiste Kategorie:Belgiese sangers Kategorie:Geboortes in 1929 Kategorie:Sterftes in 1978 Kategorie:Belgiese manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Belgiese digters