Palladium(II)chloried is 'n verbinding van chloor met palladium in sy +2 oksidasietoestand met formule . Dis 'n sout van palladium met soutsuur.

Dit is higroskopies en vervloei as dit aan vogtige lug blootgestel word.

Kristalstrukture Vier polimorfe van palladium(II)chloried is bekend. - - kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die C50-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Dit bestaan uit linte van vlak vierkantige -eenhede wat rande deel.

Die fase is metastabiel by kamertemperatuur en gaan slegs stadig oor na die stabiele -fase. Die -fase gaan oor na by 401 °C Teen 510 °C gaan dit oor na die -fase. - - het 'n molekulêre struktuur wat bestaan uit heksamere met 'n kubiese vorm. Die kubus se vlakke bestaan uit 'n -eenheid met die palladiumatoom in die middel en die chlooratome op die middel van die rande.

Die molekule is analoog aan platinumchloried s'n. - Hierdie modifikasie is die laetemperatuurvorm. - Eienskappe Dit los goed in alkohol, soutsuur en oplossings van alkalimetaalchloriede op.

Verwysings

chloried kategorie:Anorganiese verbindings