Die Pratt & Whitney R-1830 Twin Wasp is 'n Amerikaanse lugverkoelde radiale vliegtuigenjin. Dit het 'n enjinverplasing van 30.0 L en sy slaglengte en deursnee is beide 140 mm. Daar is reeds in 1929 met die ontwerp begin toe Pratt & Whitney met enjins met twee rye silinders begin eksperimenteer het. Daar is in 1932 met produksie begin en die enjin is op groot skaal gebruik in die 1930's.

Die enjin is gekies vir gebruik op die viermotorige Consolidated B-24 Liberator en die tweemotorige Douglas DC-3 passasiersvliegtuig, twee van die mees vervaardigde vliegtuie in die geskiedenis. Daar was 173 618 eenhede van die R-1830 enjin vervaardig wat dit die mees vervaardigde vliegtuigenjin ooit maak.

'n Verbeterde weergawe, die Pratt & Whitney R-2000 is geproduseer vanaf 1942. Die deursnee van die silinders is vergroot na 146 mm en daar was 'n paar ander veranderinge om die brandstofverbruik te verbeter asook om beter krag met laer oktaan brandstof te lewer. Die grootste gebruiker van die R-2000 was die Douglas DC-4.

Effektief is die enjin uit diens onttrek, tog word dit steeds op die Douglas DC-3 en 'n paar ander museum- en veteraanvliegtuie gebruik. Dit word nie meer vervaardig nie maar onderdele is nog beskikbaar en daar is ook 'n mark vir tweedehandse enjins en onderdele.

Variante

R-1830-1: 600 kW R-1830-9: 630 kW, 710 kW R-1830-11: 600 kW R-1830-13: 670 kW, 710 kW, 780 kW R-1830-17: 890 kW R-1830-21: 890 kW R-1830-25: 820 kW R-1830-33: 890 kW R-1830-35: 890 kW en toegerus met 'n GE B-2 turbosuperaanjaer R-1830-41: 890 kW en toegerus met 'n GE B-2 turbosuperaanjaer R-1830-43: 890 kW R-1830-45: 780 kW R-1830-49: 890 kW R-1830-64: 630 kW, 670 kW R-1830-65: 890 kW R-1830-66: 750 kW, 780 kW, 890 kW R-1830-72: 780 kW R-1830-75: 1,010 kW R-1830-76: 890 kW R-1830-82: 890 kW R-1830-86: 890 kW R-1830-88: 890 kW R-1830-90: 890 kW R-1830-90-B: 890 kW R-1830-92: 890 kW R-1830-94: 1,010 kW R-1830-S1C3-G: 780 kW, 890 kW R-1830-S3C4-G: 890 kW R-1830-S6C3-G: 820 kW R-1830-SC-G: 670 kW R-1830-SC2-G: 670 kW, 780 kW R-1830-SC3-G: 794 kW dieselfde enjin is in Swede gebou as die STWC-3G deur die SFA-maatskappy vir die Sweedse FFVS 22, Saab 17 en Saab 18 vliegtuie.

Toepassings duimnael|R-1830 gemonteer op die linkervlerk van 'n gewese militêre Douglas C-47 duimnael|regs|'n RAF Dakota se Twin Wasp wat vir 'n diens verwyder is

Bloch MB.176 Boeing XB-15 Budd RB Conestoga Burnelli CBY-3 CAC Boomerang – Australiese "noodvegvliegtuig" CAC Woomera Consolidated B-24 Liberator Consolidated PBY Catalina Consolidated PB2Y Coronado Consolidated PB4Y Privateer Curtiss P-36 Hawk DAP Beaufort – Australiese weergawe van die Bristol Beaufort Douglas C-47 Skytrain Douglas DC-3 Douglas DB-7 – slegs vroeë variante Douglas TBD Devastator FFVS J 22 – "noodvegvliegtuig"; inhuis gebou deur die Sweedse Lugmag Grumman F4F Wildcat I.Ae. 24 Calquin Laird-Turner Meteor LTR-14 Lioré et Olivier LeO 453 Lockheed Model 18 Lodestar Lisunov Li-3 – 'n Joego-Slawiese weergawe van die Lisunov Li-2 Martin Maryland Martin M-130 Republic P-43 Lancer Saab 17 Saab 18 Short Sunderland V Seversky P-35 Vickers Wellington IV VL Myrsky – Finse "noodvegvliegtuig" Vultee P-66 Vanguard

Notas

Verwysings

Kategorie:Vliegtuigenjins