Die nasionale vlag van Griekeland, waarna algemeen verwys word as die Blou-en-wit (Grieks: Γαλανόλευκη, Galanólefki) of die Siaan-en-wit (Grieks: Κυανόλευκη, Kyanólefki), is op 22 Desember 1978 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon nege horisontale bane in wit en blou afgewissel met ’n wit Griekse kruis op ’n blou agtergrond in die skildhoek. Dit is een van die vyf amptelike simbole van dié land en die wit Griekse kruis op ’n blou agtergrond in die skildhoek verteenwoordig die Grieks-Ortodokse Kerk. Die blasoen (heraldiese beskrywing) van die vlag is asuur, vier bane in silwer; in die skildhoek ’n Griekse kruis. Die amptelike vlagverhouding is 2:3. The Flag, from the site of the Presidency of the Hellenic Republic Die vlag se blouskakering het in gebruik verander, insluitende helder- en donkerblou, laasgenoemde word sedert die laat 1960’s meer gebruik. Die vlag is op 13 Januarie 1822 vir die eerste keer deur die Eerste Nasionale Vergadering by Epidaurus in gebruik geneem.

Alhoewel die nege strepe geen amptelike betekenis het nie, verteenwoordig hulle volgens die gewildste interpretasie die lettergrepe van die frase Ελευθερία ή Θάνατος (“Vryheid of die Dood”): die vyf blou bane vir die lettergrepe in Ελευθερία en die vier wit bane vir dié in ή Θάνατος. Alexander-Michael Hadjilyra: Η καθιέρωση της ελληνικής σημαίας (“The adoption of the Greek flag”), Hellenic Army General Staff, 2003. Daar word ook gesê dat die totaal van nege bane die letters van die woord ελευθερία (“Vryheid”) verteenwoordig. Wit en blou verteenwoordig die Griekse hemel en meer se kleure. The Flag Bulletin, Volumes 14–17, Flag Research Center, 1976, bl. 63: “Greeks wanted this color for their flag because they have always looked at the blue sky and the blue ocean.”

Geskiedenis Daar is onenigheid oor die oorsprong van vandag se nasionale vlag met die wit-en-blou streeppatroon. Elke deel daarvan, insluitend die kleure, kruis en streeppatroon kan na baie ou historiese elemente teruggespoor word; dit is egter moeilik om kontinuïteit te bepaal, veral aangesien daar geen rekord van die presiese rede agter die aanvanklike aanvaarding vroeg in 1822 gevind kan word nie. Die blou kleur is waarskynlik afgelei van die burgerlike vaandel van die Romeine (Ortodoks-Christelik, Grieks) van 1453–1793 in die Ottomaanse Ryk.

Historici het voorgestel dat die huidige vlag afgelei is van ’n vroeëre ontwerp, die byna identiese vlag van die magtige Kretiese Kallergis-familie. Hierdie vlag is gebaseer op hul wapenskild waarvan die patroon na bewering afgelei is van die veldteken van hul voorouers Nikephoros II Phokas (963–969) van die Bisantynse Ryk. Hierdie patroon (volgens moeilik verifieerbare beskrywings) het nege bane in wit-en-blou en ook ’n kruis in die linker boonste hoek ingesluit. N. Zapheiriou, Η Ελληνική Σημαία από τους αρχαίους χρόνους μέχρι σήμερα (Die Griekse vlag van die Oudheid tot huidig), Eleftheri Skepsis, Athene 1995 (herdruk van oorspronklike 1947-publikasie) . Hoewel die gebruik van die afwisselende blou en wit – of silwer – bane op (verskeie eeue-oue) wapenskilde van die Kallergis goed gedokumenteer is, het geen afbeelding van hierdie beskrywing behoue gebly nie.

Die Oudheid en die Bisantynse Ryk Vlae soos in vandag se tyd het nie in die Oudheid bestaan nie. Daar is in plaas van vlae ’n verskeidenheid embleme en simbole gebruik om elke staat aan te dui en is geverf op die hoplietskilde. Die naaste parallel aan moderne vlae was die vexillum-agtige baniere wat Griekse leërs gevoer het, soos die sogenaamde phoinikis, ’n rieprooi doek wat bo-aan ’n staf of spies gemonteer is aan ’n horisontale stok. Dit blyk geen patroon of versiering te gehad het nie.

Die Bisantyne het, soos die Romeine voor hulle, ’n verskeidenheid vlae en baniere gebruik hoofsaaklik om verskillende militêre eenhede aan te dui. Dit was gewoonlik vierkantige of reghoekige baniere met ’n aantal banierkoppe aan. Keiser Mauricius, Strategikon, II.14. Die prominentste onder die vroeë Bisantynse vlae was die labarum. In die afbeeldings van die middel en latere Ryk wat behoue gebly het, hoofsaaklik die Skylitzes, is die oorheersende kleure rooi en blou in horisontale bane met ’n kruis wat gewoonlik in die middel van die vlag geplaas is. Ander algemene simbole wat prominent op seëls vertoon is, was afbeeldings van Christus, die Maagd Maria en heiliges, maar dit het eerder persoonlike as familie- of staatsimbole verteenwoordig. Heraldiek in die Wes-Europese styl was egter nog onbekend tot die laaste eeue van die Ryk.

Nêrens word gepraat van ’n staatsvlag nie, tot die Spaanse atlas Conosçimiento de todos los reynos in die middel 14de eeu die vlag van “die Ryk van Konstantinopel” afbeeld as ’n tetragram-Sint Joriskruis in rooi op wit, van die regerende Palailogos-familie. Daarop is vier betas of pyrekvola (“brandswaarde”) in elke kwart van die vlag aangebring wat die keiserlike leuse van Βασιλεύς Βασιλέων Βασιλεύων Βασιλευόντων (“Koning der Konings Regerend oor die Regeerders”) Bisantynse Heraldiek, van Heraldica.org verteenwoordig. Die tetragramkruisvlag, soos dit in die tweede en derde kwarte van die ontwerp voorkom, is goed gedokumenteer. In dieselfde Spaanse atlas word hierdie “eenvoudige” tetragramvlag aangedui as die “vlag van Salonika en “die ware Griekeland en Ryk van die Grieke (‘la vera Grecia e el imperio de los griegos’)”. Die gevierendeelde rangskikking wat die Sint Joriskruis insluit is slegs in die Spaanse atlas gedokumenteer, en voeg waarskynlik die wapenskild van Genua (wat Galata beset het) en dié van die Bisantynse Ryk saam, en is waarskynlik slegs in Konstantinopel vertoon. L. S. Skartsis, Oorsprong en ontwikkeling van die Griekse vlag, Athene 2017 . Pseudo-Kodinos het die gebruik van die “tetragramkruis” op die banier (phlamoulon) wat deur die vlootvaartuie vertoon is, opgeteken, terwyl die megas doux ’n beeld van die keiser op ’n perd vertoon het.

Ottomaanse tydperk duimnael|links|Die handelskip Panagia tis Hydras, gebou in 1793, wat die Grieks-Ottomaanse vlag vertoon duimnael|Agios Nikolaos (1797) en Poseidon (1815), onder eienaarskap van die gebrs. Anargyros van Spetses, wat variante van die Russiese vlag vertoon Gedurende die Ottomaanse heerskappy is verskeie nieamptelike vlae deur die Grieke gebruik, wat gewoonlik gebruik gemaak het van die Bisantynse dubbelkoppige adelaar, die kruis, uitbeeldings van heiliges en verskeie leuses. Die Christelike Griekse sipahi-kavallerie wat deur die Ottomaanse Sultan aangestel is, mog hul eie, duidelik Christelike, vlag gebruik wanneer hulle in Epirus en Peloponnesos was. Dit het die klassieke blou kruis op ’n wit agtergrond, met ’n prent van Sint Joris wat die draak doodmaak daarop, en is van 1431 tot 1639 gebruik toe hierdie voorreg deur die Sultan ingeperk is. Soortgelyke vlae is deur ander plaaslike leiers gebruik. Die naaste aan ’n Griekse “nasionale” vlag gedurende die Ottomaanse oorheersing was die sogenaamde “Grieks-Ottomaanse vlag” (Γραικοθωμανική παντιέρα), ’n burgerlike vaandel wat Grieks-Ortodokse handelaars (oftewel handelaars van die Grieksoorheersde Ortodokse millet) op hul skepe mog vertoon, met rooi bane (die vir Ottomaanse Ryk) en blou (vir Ortodoksie). Ná die Verdrag van Küçük Kaynarca kon handelskepe in Griekse besit ook die vlag van Rusland vertoon.

Gedurende die Orlovopstand van 1769 is die historiese blou kruis op ’n wit agtergrond weer gebruik deur belangrike militêre leiers, soos Olga III, wat dit tot die opstand van 1821 gebruik het. Die het die gewildste vlag van die opstand geword en daar is gesê dat dit die nasionale vlag moet word. Die “omgekeerde” kleure, ’n wit kruis op ’n blou agtergrond, is ook gedurende die opstand as Griekse vlag gebruik. Hierdie ontwerp is blykbaar vroeër ook gebruik as ’n plaaslike simbool (’n soortgelyke vlag van die 16de of 17de eeu is naby Chania opgemerk).

Giannis Stathas, ’n militêre leier, het sedert 1800 ’n vlag op sy skip gebruik waarop ’n wit kruis op ’n blou agtergrond was. Die eerste vlag met dié ontwerp wat eindelik aanvaar is, is in 1807 in die Evangelistria-klooster in Skiathos ontwerp en gehys. Verskeie militêre leiers (insluitend Theodoros Kolokotronis en Andreas Miaoulis) het daar vergader vir beraadslaging en opstand, en hulle is deur die plaaslike biskop onder die vlag besweer.

Vlae van die rewolusie duimnael|Vlae gebruik deur verskeie admiraals van die Revolusionêre Vloot uit ’n manuskrip van 1823 Voor en gedurende die vroeë dae van die Griekse Onafhanklikheidsoorlog (1821–1829) is verskillende vlae ontwerp, voorgestel en gebruik: deur verskeie Griekse intellektuele in Wes-Europa, en deur plaaslike leiers, opperhoofde en streeksrade. Buiten die kruis het talle van die vlae afbeeldings van heiliges bevat, die feniks (wat die hergeboorte van die Griekse volk simboliseer), leuses soos “Vryheid of die dood” (Ελευθερία ή Θάνατος) of die bylbundelagtige embleme van die Genootskap van Vriende (Filiki Eteria), die geheime organisasie wat die opstand georganiseer het.

Aanname duimnael|Die ou landsvlag wapper steeds oor die ou parlementsgebou in Athene duimnael|Griekse onderwysers en gegradueerdes van die evangeliese skool Smirna met die Griekse vlag in 1878 Europese monargieë, bondgenote in die sogenoemde “Konsert van Europa”, was agterdogtig teenoor nasionale of sosiale rewolusionêre bewegings soos die Etaireia. Die Eerste Griekse Nasionale vergadering, byeengeroep in Januarie 1822, het gevolglik stappe onderneem om homself van die Etaireia se nalatenskap te distansieer en die ontluikende Griekeland uitgebeeld as ’n “gewone”, geordende volkstaat. Vervolgens is nie net die streeksrade vervang met ’n sentrale administrasie nie, daar is ook besluit om al die rewolusionêre vlae af te skaf en ’n universele landsvlag aan te neem. Die rede hoekom die bepaalde rangskikking (’n wit kruis op blou) gekies is in plaas van die meer gewilde blou kruis op ’n wit veld, bly onbekend.

Op 15 Maart 1822 het die voorlopige regering met die dekreet no. 540 die presiese patroon bepaal: ’n wit kruis op ’n blou (eenvoudig) vir die landsvlag; nege afwisselnd gekleurde bane met die wit kruis op ’n blou veld in die skildhoek vir die vlootvaandel; en blou met ’n blou kruis op ’n wit veld in die skildhoek vir die burgerlike vaandel (handelsvlag). Op 30 Junie 1828 is, deur ’n dekreet deur die goewerneur Ioannis Kapodistrias, die burgerlike vaandel verwyder en die kruis-en-strepe vaandel het die nasionale vaandel geword, gebruik deur beide vloot- en handelskepe.

Op 7 Februarie 1828 is die Griekse vlag vir die eerste keer internasionaal erken deur ’n amptelike groet van Britse, Franse en Russiese magte in Nafplio, die destydse hoofstad van Griekeland.

Historiese ontwikkeling duimnael|links|upright|Die eerste amptelike bepalings vir die oorlogsvlag of vlootvaandel (gepubliseer op 3 Junie 1833) duimnael|upright|Administrative flags of Greece (1934) Ná die stigting van die Koninkryk Griekeland in 1832 het die nuwe koning, Otto, die koninklike wapen (’n skild in sy voorvaderlike Beierse patroon met ’n kroon op) in die middel van die kruis vir militêre vlae gevoeg (vir beide op land en ter see). Die dekreet van 4 (16) April 1833 het voorsiening gemaak vir verskeie maritieme vlae soos die oorlogsvlag of vlootvaandel (met ’n verhouding van 18:25), wimpel, koninklike vaandel (met ’n verhouding van 7:10) en burgerlike vaandel (d.w.s die vlootvaandel sonder ’n wapen).