Die pondotreurdoring (Colubrina nicholsonii) is 'n struik of boom wat onder die familie Rhamnaceae resorteer. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, tussen Port St Johns en die Mtamvunarivier voor. Die boom het 'n voorkomsgebied van kleiner as 20 km² en die algehele populasie is ongeveer 250 tot maksimum 1 000 individue groot. Daar is ook geïsoleerde subpopulasies in die Umzinto-distrik in KwaZulu-Natal benewens die Kentani-distrik in die Oos-Kaap. Die spesie groei in ontoeganklike klowe en ravyne. Sowat 50 individue groei teen kranse bokant water. By vier plekke word die spesie deur indringerplante bedreig.

Die boom se FSA-nommer is 453.8.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/ In Engels staan die spesie as die Pondo weeping thorn bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World

nicholsonii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika