Abantu Batho Congress is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Januarie 2020 deur sakeman, Philani 'PG' Mavundla gestig. Mavundla is ’n voormalige onderburgemeester van eThekwini en huidige burgemeester van die uMvoti Plaaslike Munisipaliteit in Greytown. Voorheen was hy ook lid van die regerende ANC. Nozibusiso Mazibuko, 23 April 2024, Abantu Batho Congress – the party that wants an independent Zulu state. https://www.msn.com/en-za/news/other/abantu-batho-congress-the-party-that-wants-an-independent-zulu-state/ar-AA1nub3w Besoek op 30 April 2024.

Die party beskryf homself as 'n Afrosentriese, Pan-Afrikanistiese en vroulike revolusionêre beweging.

In Januarie 2021 het Mandisa Mashego, voormalige Gautengse leier van Economic Freedom Fighters, by die nuwe party aangesluit.

Die party het die 2021 Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing betwis, wat Durban en die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit geteiken het.

ABC het aan die Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024 deelgeneem.National Candidates List, Independent Electoral Commission, Besoek 26 Maart 2024. Die ABC het 'n omstrede voorstel in die party se manifes voor die algemene verkiesing op 29 Mei 2024 gestel, naamlik die stigting van 'n onafhanklike Zoeloestaat.

Verkiesingsuitslae Munisipale verkiesings In die munisipale verkiesing van 2021 het die party 25 setels gewen, 23 in Kwazulu-Natal, en twee in Limpopo.

Nasionale verkiesings Verkiesing Stemme % Setels 2024 5 531 0,03 0

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika