Die korrekte titel van hierdie artikel is #Hope4SA. Die weglating van die # is as gevolg van tegniese beperkings.

#Hope4SA is 'n Suid-Afrikaanse politieke party wat in Januarie 2024 deur die Pastoor John Mathuhle in Bloemfontein gestig is. Die party het met sy stigting aangedui dat dit die 2024-verkiesing sal betwis rondom 'n visie van “positiewe verandering en eenheid”. Gateway News. 16 Januarie 2024. New party, #Hope4SA, announces plans to contest elections. https://gatewaynews.co.za/new-party-hope4sa-announces-plans-to-contest-elections/ Besoek op 28 Maart 2024. Volgens die party lê die kern van sy etos 'n toewyding aan Bybelse waardes en onwrikbare integriteit.#HOPE4SA , Welcome to #HOPE4SA https://hope4sa.org.za/page1.html#article04-6 / besoek op 29 Maart 2024. Die party is 'n Christelike politieke party, en is anti-aborsie, teen selfdegeslag huwelike, ten gunste van Christelike godsdiensonderrig in staatskole, en is pro-Israel.

Die party is 'n uitvloeisel van Time2Rise, wat homself as 'n beweging beskryf, buite die terrein van partypolitiek. Voormalige hoofregter van Suid-Afrika Mogoeng Mogoeng het tydens 'n Time2Rise-geleentheid in 2023 gepraat en gesê dat hy eendag Suid-Afrika se president sal word, sonder om dit deur 'n verkiesingsproses te betwis.

Verkiesingsuitslae Parlement Verkiesing Stemme % Setels 202427 206 0,17 0

Verwysings

Kategorie:Politieke organisasies in Suid-Afrika