Platinumdisulfied of platinum(IV)sulfied is 'n verbinding van platinum met swael met formule . Die oksidasietoestand van platinum kan as 4+ beskou word.
Die stof is 'n halfgeleier met 'n klein bandgaping van 0,25 eV.
Kristalstruktuur Platinumdisulfied kristalliseer in die trigonale kadmiumjodied-struktuur, wat C6 genoem word in die strukturbericht-klassifikasie. (Soms word dit ook die kadmiumhidroksied- of magnesiumhidroksied-struktuur genoem.)
Chemiese eienskappe Die stof is eers verkry deur ammoniumheksachloroplatinaat met swael te verhit. Dit kan ook uit die elemente verkry word en kristalle kan gegroei word met chemiese damptransport.
Fisiese eienskappe Die stof het 'n gelaagde struktuur met lae wat net deur vanderwaalskragte by mekaar gehou word. Nes grafiet kan hierdie verbinding in dunne lae afgeskilfer word. Kwantummeganiese berekenings toon egter dat die elektriese eienskappe afhanklik is van die aantal lae waaruit die kristal bestaan. 'n Monolaag se bandgaping is 1,78 eV. Die grootte van hierdie belangrike parameter is ook afhanklik van 'n opgelegde meganiese spanning of 'n elektriese veld. Dit open die moontlikheid om die bandgaping te stuur.
Verwysings
disulfied Kategorie:Anorganiese verbindings