Kadmiumhidroksied is 'n basis van kadmium met formule .
Dit is 'n halfgeleier met 'n bandgaping van 3,2 eV en 'n hoë geleidbaarheid.
Kristalstruktuur Kadmiumhidroksied kristalliseer gewoonlik in die trigonale kadmiumjodied-struktuur, wat C6 genoem word in die strukturbericht-klassifikasie. Soms word dit ook die magnesium- (brusiet) of kadmiumhidroksied-struktuur genoem. In plaas van jodiedione het dit hidroksiedione wat hierdie gelaagde struktuur deur waterstofbinding sterker bind as die jodiedione. Hierdie modifikasie word die -fase genoem.
Daar is ook 'n -modifikasie wat 'n eie monokliniese struktuur het. Die -fase kristalliseer nouliks.
Chemiese eienskappe Die stof is in water amper onoplosbaar en kan daaruit of uit alkohol neergeslaan word, bv. deur 'n basis soos tetrametielammoniumhidroksied aan 'n oplossing van 'n in alkohol oplosbare kadmiumsout soos kadmiumasetaat by te voeg.
'n Endotermiese piek in DTA toon dat dit teen 245 °C ontbind en kadmiumoksied vorm.
Die -modifikasie kan in dunne lae op 'n substraat van tinoksied met kaliumhidroksied neergeslaan word uit 'n oplossing van kadmiumchloried en natriumsitraat.
Gebruike Kadmiumhidroksied word in nikkel-kadmiumbatterye gevorm wanneer hulle ontlaai:
Dit is 'n oksidasie van kadmiummetaal:
Vanweë sy fisiese eienskappe is daar navorsing na die gebruik in sonselle, sensors, deursigtige elektrodes en batterye.
Verwysings
hidroksied Kategorie:Anorganiese verbindings