duimnael|Andrew Grove by die World Economic Forum jaarlikse byeenkoms in 1997. Andrew Stephen Grove (gebore András István Gróf; 2 September 1936 – 21 Maart 2016) was 'n Hongaars-Amerikaanse sakeman en ingenieur wat as die derde uitvoerende hoof van Intel Corporation gedien het. Hy het tydens die 1956-rewolusie op die ouderdom van 20 uit die Hongaarse Volksrepubliek ontsnap en na die Verenigde State verhuis, waar hy sy opleiding voltooi het. Hy was die derde werknemer en uiteindelik derde uitvoerende hoof van Intel, wat die maatskappy in die wêreld se grootste halfgeleiermaatskappy omskep het."Andy Grove, Valley Veteran Who Founded Intel, Dies at 79" , Bloomberg, 21 Maart 2016.

As gevolg van sy werk by Intel, saam met sy boeke en professionele artikels, het Grove 'n aansienlike invloed op elektroniese vervaardigingsbedrywe wêreldwyd gehad. Hy is die "persoon wat die groeifase gedryf het" in Silicon Valley, genoem. In 1997 het die tydskrif Time hom gekies as "Man van die Jaar", omdat hy "die persoon wat die meeste verantwoordelik is vir die wonderlike groei in die mag en die innoverende potensiaal van mikroskyfies" was. Een bron merk op dat deur sy prestasies by Intel alleen verdien hy "'n plek langs die groot sakeleiers van die 20ste eeu."Movers and Shakers: the 100 Most Influential Figures in Modern Business, Basic Books (2003), bl. 205–207

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse entrepreneurs Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Sterftes in 2016