duimnael|links|Die rommelvuurbal strek langs die Aarde se magnetiese veld in 'n gloed drie minute na die ontploffing.
Starfish Prime was 'n kerntoets op hoë hoogte wat deur die Verenigde State in 'n gesamentlike poging van die Atomic Energy Commission (AEC) en die Defense Atomic Support Agency uitgevoer is. Dit is op 9 Julie 1962 van die Johnston-atol af gelanseer en was die grootste kerntoets wat in die buitenste ruimte uitgevoer is. Dit was een van vyf kerntoetse wat deur die VSA in die ruimte uitgevoer is.
'n Thor-vuurpyl met 'n W49-termonukleêreplofkop (ontwerp deur die Los Alamos Scientific Laboratory ) en 'n Mk. 2-atmosfeer-herbinnedringruimtetuig is vanaf Johnston-atol in die Stille Oseaan gelanseer, ongeveer 1 450 kilometer wes-suidwes van Hawaii. Die ontploffing het op 'n hoogte van 400 km plaasgevind, 'n punt 31 km suidwes van die Johnston-atol. Dit het 'n krag van 1,4 megaton TNT gehad. Die ontploffing was ongeveer 10° bokant die horison soos van Hawaii af gesien, om 11 nm Hawaiise tyd.
Operasie Fishbowl Die Starfish-toets was een van vyf hoëhoogtetoetse, wat saamgegroepeer was as Operasie Fishbowl binne die groter Operasie Dominic reeks toetse, wat in 1962 begin is na aanleiding van die Sowjetunie se aankondiging dat hulle die driejaarmoratorium op kerntoetse gaan beëindig.
In 1958 het die VSA ses hoëhoogtekerntoetse voltooi wat baie onverwagte resultate opgelewer het en ook vele nuwe vrae tot gevolg gehad het. Volgens die V.S.A. Regeringsprojekbestuurder se tussentydse verslag oor die Starfish Prime-projek:
Die Starfish-toets was aanvankik beplan as die tweede in die Fishbowl-reeks, maar die eerste poging (Bluegill) was in die lug vernietig nadat die radar kontak met die vuurpyl verloor het.
Die eerste Starfish-lansering op 20 Junie 1962 was ook vernietig in vlug, hierdie keer omrede die Thor-missiel se lanseervuurpyl gefaal het. Dit het normaal gevlieg vir 59 sekondes, waarna die enjin gestaak en die missiel uitmekaar begin breek het. Die Veiligheidsbeampte het die vernietiging van die missiel en plofkop beveel. Die missiel was tussen 9,100 en 10,700 m hoog toe dit vernietig is. Dele van die missiel en 'n bietjie radioaktiewe materiaal het op die Johnston-atol en die omliggende oseaan geval.
Die ontploffing regs|duimnael|300px|'n Ander uitsig van Starfish Prime deur 'n dun, wolklaag, soos gesien vanaf Honolulu Die Starfish Prime-bom is op 9 Julie 1962 om 09:00:09 UCT (11:00:09 nm 8 Julie 1962, Honolulu-tyd) ontsteek op 'n hoogte van 400 km. Die koördinate van die ontploffing was . Die werklike krag van die bom was baie naby aan die ontwerpkrag; verskeie bronne het 'n kragsterkte van 1.4 tot 1.145 megaton TNT voorspel. Die kernplofkop het 13 minute en 41 sekondes, nadat die Thor-missiel vanaf Johnston-atol gelanseer is, ontplof.Dyal, P., Air Force Weapons Laboratory. Report ADA995428. "Operation Dominic. Fish Bowl Series. Debris Expansion Experiment". 10 Desember 1965. p. 15. Nagegaan op 17 Julie 2010.duimnael|278x278px|Een raam van die Starfish Prime Kernkragtoets|centerStarfish Prime het groter elektromagnetiese pulse (EMP) veroorsaak as wat verwag was, tewens het dit die meeste van die instrumente se skale oorskrei en gevolglik was dit moeilik om die korrekte metings te kon bepaal. Die EMP het ook veroorsaak dat die publiek kennis van die toets geneem het: dit het elektriese skade in Hawaii, (1 450 km weg) vanaf die ontploffing, veroorsaak deur 300 straatligte te beskadig, huisalarms te aktiveer en 'n telekommunikasie-mikrogolfstelsel te beskadig. Laasgenoemde skade het veroorsaak dat telefoonverkeer tussen Kauai en die ander Hawaii-eilande onderbreek was.Conca, James "Can Nuclear Power Plants Resist Attack of Electromagnetic Pulse (EMP)" Forbes. Januarie 2019
Daar was in totaal 27 kleiner vuurpyle vanaf die Johnston-atol gelanseer wat eksperimentele data van die Starfish Prime-ontploffing moes verkry. Daar was ook 'n klomp vuurpylaangedrewe-instrumente vanaf Barking Sands, Kauai in die Hawaiise Eilande gelanseer.United States Department of Defense. Report ADA955411. "A Quick Look at the Technical Results of Starfish Prime". Augustus 1962.
Amerika het ook 'n groot aantal militêre skepe en vliegtuie ontplooi ter ondersteuning van die ontploffing in die Johnston-atol gebied, asook die nabye noordelike Stille Oseaan-gebied.
Daar was ook militêre skepe en vliegtuie in die gebied van die suidelike Stille Oseaan naby die Samoa-eilande ontplooi. Hierdie plek was die suidelikste punt van die magnetiese veldlyn van die Aarde se mageneetveld vanaf die posisie van die kernontploffing: die gebied bekend as die suidelike samevloeiende streek van die toets. 'n Ongenooide wetenskaplike ekspedisieskip van die Sowjet-Unie was naby die Johnston-atol vir die toets gestasioneer en nog 'n Sowjet-wetenskaplike ekspedisieskip was in die suidelike samevloeiende streek naby die Samoa-eilande.United States Central Intelligence Agency. National Intelligence Estimate. Number 11-2A-63. "The Soviet Atomic Energy Program" , p. 44.
Nadat die bom ontplof het, was helder auroras sigbaar in die ontploffingsgebied, sowel as in die suidelike samevloeiende streek aan die teenoorgestelde kant van die ewenaar as wat die ontploffing was. Volgens een van die eerste tegniese verslae:
Hierdie aurorale effekte was gedeeltelik verwag deur Nicholas Christofilos, 'n wetenskaplike wat vroeër aan die Operasie Argus hoëhoogtekernontploffings gewerk het.
Volgens die Amerikaanse atoomveteraan Cecil R. Coale,Schwoch, James. Global TV: New Media and the Cold War, 1946–69 (Illinois, 2009). Web. Nagegaan op 19 Maart 2012. het sommige hotelle in Hawaii "reënboogbom"-partytjies op hul dakke aangebied vir Starfish Prime, wat sommige berigte weerspreek het dat die kunsmatige aurora onverwags was.
A 'Quick Look' van die Tegniese Resultate van Starfish Prime" (Augustus 1962) lees as volg:
'n Verslag van 2006 beskryf die deeltjie- en veldmetings van die Starfish diamagnetiese holte en die ingespuite betavloeiing in die kunsmatige stralingsgordel in. Hierdie metings beskryf die ontploffing van 0.1 millisekondes tot 16 minute na die ontploffing.
Nagevolge Die ontploffing het ongeveer 1029 elektrone in die Aarde se magnetosfeer vrygestel. Terwyl sommige energieke betadeeltjies die Aarde se magnetiese veld gevolg en die hemel verlig het, was ander hoë-energie elektrone vasgevang en het 'n radiasiegordel om die Aarde gevorm. Hierdie elektrone het die intensiteit van die elektrone binne die natuurlike binneste Van Allen-gordel met verskeie orde groottes verhoog. Daar was groot onsekerheid en 'n debat oor die samestelling, grootte en potensiële nagevolge van die vasgevangde radiasie na die ontploffing. Die wapenvervaardigers het bekommerd geraak toe drie satelliete in 'n lae aardwentelbaan buite werking geraak het. Dit het die satelliete TRAAC en Transit 4B ingesluit. Die halfleeftyd van die energieke elektrone was slegs 'n paar dae. Dit was destyds nie bekend dat son- en kosmiese deeltjievloeiing met 'n faktor van 10 gewissel het nie en dat die energie 1 MeV kon oorskry. In die maande wat na die ontploffing gevolg het, het hierdie mensgemaakte radiasie gordels veroorsaak dat nog ses satelliete gefaal het omrede die radiasie hulle sonpanele of elektronika beskadig het. Dit sluit die eerste kommunikasiesatelliet Telstar 1 sowel as die Verenigde Koninkryk se eerste satelliet Ariel 1 in. Sensors op Telstar, TRAAC, Injun en Ariel 1 was gebruik om die verspreiding van die straling, soos veroorsaak deur die ontploffing, te meet.
Daar is in 1963 gerapporteer dat Starfish Prime 'n gordel van MeV-elektrone geskep het. In 1968 is gerapporteer dat sommige van die Starfish prime se elektrone na vyf jaar nog in die ruimte was.In The Radiation Belt and Magnetosphere.
As 'n ontploffing in die ruimte was die radioaktiewe bestraling van Starfish Prime minder as by ander bogrondse ontploffings. Skattings van die gesondheidsimpak en oortollige sterftes, insluitend daardie veroorsaak deur skildklierkanker, is moeilik om te vind terwyl die oortollige sterftes veroorsaak deur duisende bogrondse ontploffings tussen 10 000 en 100 000 geskat word. 'n Jaar later het die VSA en die Sowjetunie die Gedeeltelike Kerntoetsverbodooreenkoms geteken wat alle bogrondse ontploffings verban het. Frankryk en China het egter nog vir 'n paar dekades aangehou om bogrondse toetse te doen.
Gevolglike wetenskaplike ontdekkings Die Starfish bom het 109Cd as 'n naspoorelement bevat, wat gehelp het om die seisoenale vermengingtempo van die pool en tropiese lugmassas te bepaal.
Verwysings
Kategorie:Bomme