Die perdesampioen (Agaricus arvensis) is 'n eetbare en in Suid-Afrika lokaal algemene swamspesie.
Verspreiding en habitat Dit is een van die grootste wit Agaricus-spesies in Europa, waar die vrugliggame van Julie tot November opgemerk word. Dit is benewens aanwesig in Wes-Asië (insluitend Iran), Noord-Amerika, en as 'n uitheemse spesie in Afrika. In Afrika is dit onder meer in Suid-Afrika (Wes-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng) en Malawi aangeteken.
Dit word gereeld naby stalle gevind, benewens vleierige areas, en kan ook heksekringe vorm. Dit word dikwels saam met netelstruike gevind, 'n plant wat ook nutriëntryke grond verkies. In die Noordelike Halfrond word dit by geleentheid in assosiasie met sparbome (genus Picea) aangetref.Lincoff, Gary. The Audubon Society Field Guide to North American Mushrooms. Chanticleer Press: New York, 1981.
Verwysings
Kategorie:Swamflora van Suid-Afrika arvensis