Die onderhawige lys van bekende of wydverspreide sampioen- of makroswamspesies in Suid-Afrika is gebaseer op die lys van Gorter en Eicker van die Universiteit van Pretoria. Dit is in 1988 gepubliseer met Afrikaanse name wat deels uit bestaande Nederlandse en Duitse name oorgeneem is. Sekere spesies word aangedui as eetbaar met voorbehoud, aangesien dit verskillende newe-effekte kan hê as dit byvoorbeeld rou of saam met alkohol genuttig word. Ander sal weer met sekere persone akkordeer, terwyl ander maagstoornisse of allergieë rapporteer. Waar eetbaarheid nie aangedui word nie, moet die spesie as oneetbaar, of eetbaar met newe-effekte beskou word.