Bariumbromied is 'n sout van barium en waterstofbromied met die formule .

Dit is 'n higroskopiese stof wat aan die lug blootgestel vervloei deurdat dit water aantrek.

Kristalstruktuur Bariumbromied kistalliseer in die ortorombiese cotunniet ()-struktuur, wat die kode C23 van die strukturbericht-klassifikasie dra.

Chemiese eienskappe Die verbinding kan verkry word deur reaktie van bariumkarbonaat met waterstofbromied:

Uit oplossing word die dihidraat gevorm wat teen 75 °C smelt. Verhit teen 120 °C kan die watervrye sout verkry word.

Bariumbromied het saam met bariumchloried 'n rol gespeel in Marie Curie se ontdekking en suiwering van radiumsoute.

Verwysings

Kategorie:Verbindings van barium Kategorie:Anorganiese verbindings