Die tongblaarvygie (Glottiphyllum carnosum) is 'n klein vetplant wat deel is van die Aizoaceae familie. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap tussen Calitzdorp en Oudtshoorn voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van 550 km². Daar is vier subpopulasies bekend en die kwaliteit van die subpopulasies neem af weens volstruis boerdery.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online PlantZAfrica
carnosum Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika