Bariumkarbonaat is 'n sout van barium en koolsuur met die formule .
Dit kom in die natuur as die mineraal witheriet voor. Dit word gebruik in rottegif, bakstene, keramiekglasure en sement.
Kristalstruktuur Bariumkarbonaat kristalliseer in die ortorombiese aragoniet-struktuur. (G0 in die strukturbericht-klassifikasie). Bariumkarbonaat het twee hoëtemperatuurmodifikasies. Teen 800 °C gaan dit oor in 'n romboëdriese kalsietstruktuur (G0). Die oorgangsentalpie is 18,79 [kJ/mol]. Teen 970 °C word die struktuur kubies (ΔH= 30,54 [kJ/mol]). Hierdie kubiese fase het dalk die -I-struktuur. Die posisies van die karbonaatione vertoon wanorde.
Chemiese eienskappe Bariumkarbonaat kan as neerslag verkry word deur aan 'n oplossing van natriumkarbonaat (soda) 'n oplossing van bariumchloried by te voeg:
Dit is 'n basis wat gebruik kan word om uit oplossings van chloriede van Al, Cr of Fe hidroksiede neer te slaan:
Produksie Bariumkarbonaat is 'n belangrike industriële materiaal. Die konvensionele metode van -bereiding is gebaseer op hoë-temperatuur reduksie van bariet (natuurlike bariumsulfaat) met steenkool, wat 'n groot hoeveelheid vrystel. Onlangse navorsing bied 'n skoner metode vir -produksie met metaan as die reduseermiddel, wat die -emissie aansienlik verminder (tot 75%).
Medies In teenstelling tot die sulfaat is bariumkarbonaat toksies omdat dit in die maagsuur oplos. Toe bariumkarbonaat verkeerdelik as 'n X-straal-kontrasmedium gebruik is, het ses pasiënte 133 gm elk (ongeveer 1900 mg/kg) oorleef, maar nog een is ná slegs 53 gm dood. Die skrywer het vroeëre verslae aangehaal wat aandui dat so min as 4 gm (ongeveer 57 mg/kg) dodelik was.
Verwysings
karbonaat Kategorie:Anorganiese verbindings