Antimima mucronata is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Wes-Kaap tussen Moorreesburg, Hopefield, Malmesbury en Vredenburg voor. Die plant het 'n voorkomsgebied van kleiner as 3000 km² en daar is minder as tien subpoplualsies oor nadat ten minste 94% van die plant se habitat omskep is vir die verbouing van koring. Verdere verlies van sy habitat bly 'n bedreiging.

Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online

mucronata Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika