Kings Park-stadion, ook bekend as Hollywoodbets Kings Park vir borgskapdoeleindes, is 'n stadion wat in Durban, Suid-Afrika geleë is. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou en is in die middel-1990's opgeknap. Die stadion kan 52 000 toeskouers akkomodeer en word gebruik vir beide rugby- en sokkerwedstryde. Die stadion is aangrensend aan die Moses Mabhidastadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut en 'n treinstasie.
duimnael|links|Lugbeeld van die Kings Park-sportkompleks in 2009, links die Moses Mabhidastadion onder konstruksie en regs die Kings Park-stadion Die stadion word tans deur die volgende spanne gebruik: Die Sharks tydens (Verenigde Rugbykampioenskapwedstryde. Die Natalse Haaie tydens Curriebekerwedstryde. Die Springbokke op 'n roterende basis met ander stede vir internasionale rugbytoetse. Golden Arrows in die Premier Sokkerliga.
Wedstryde Rugbywêreldbeker 1995
DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers27 Mei 199518–24Groep B30 00031 Mei 199527–20Groep B21 0004 Junie 199544–22Groep B20 00010 Junie 199536–12Kwarteindstryd18 00017 Junie 199519–15Halfeindstryd50 000
Afrikanasiesbeker 1996
DatumSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers16 Januarie 19961–2Groep C5 00019 Januarie 19962–0Groep C6 00024 Januarie 19963–3Groep A6 00028 Januarie 19961-1 (1-4 n.S.)Kwarteindstryd4 00031 Januarie 19962–4Halfeindstryd5 000
Sien ook Lys van stadions in Suid-Afrika
Eksterne skakels
Kategorie:Geboue en strukture in Durban Kategorie:Rugbystadions in Suid-Afrika Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Suid-Afrika Kategorie:Sport in Durban