Dr. Louis Luyt (18 Junie 1932 – 1 Februarie 2013) was ’n Suid-Afrikaanse sakeman en voormalige politikus en rugbyadministrateur. Luyt het vir hom naam gemaak as ’n jong rugbyster; hy het daarna die maatskappye Triomf Kunsmis en Luyt Brouerye gestig; en het beheer oor die Ellispark-stadion in Johannesburg namens die TRVU (Transvaalse Rugby Voetbalunie) oorgeneem in 1984. Luyt het veral bekendheid verwerf deur sy betrokkenheid by die Inligtingsdebakel van 1978 en sy beweerde finansiering om The Citizen-tabletkoerant namens die regering op die been te bring.
Biografie Oswald Louis Petrus Poleÿ Luyt is op 18 Junie 1932 op Britstown, Noord-Kaap, Suid-Afrika gebore.
Loopbaan as rugbyadministrateur Luyt was president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie toe die Springbokke die Rugby Wêreldbeker 1995 gewen het. Tydens die amptelike funksie wat vir die Springbokke en Nieu-Seeland ná die eindwedstryd gereël was, verklaar hy dat as Suid-Afrika aan die vorige twee Wêreldbekers deelgeneem het, hulle óók sou gewen het – insluitend die 1987-toernooi wat deur die All Blacks gewen is. Die All Blacks het die funksie daarna uit protes verlaat.
Dr. Luyt het die springbok-handelsmerk in 1996 vir S.A. Rugby geregistreer.
Loopbaan as politikus In 1998 bedank Luyt as rugbyunie-president nadat hy van rassisme en finansiële wanbestuur beskuldig is, en stig daarna ’n politieke party. Hy was vanaf 1999 lid van die Parlement van Suid-Afrika as leier van die Federale Alliansie. Die party het later met die Vryheidsfront saamgesmelt.
Bibliografie
Verwysings
Eksterne skakels Tuisblad van Luyt Lager
Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Sterftes in 2013