Die volstruistoonvygie (Gibbaeum album) is 'n klein vetplant wat deel van die Aizoaceae familie is. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap. Dit kom op die noordelike helling van die Langeberg by Barrydale voor. Daar is twee subpopulasies bekend maar een se getalle het aansienlik gedaal weens padkonstruksie. Die oorblywende populasies word bedreig deur versameling deur tuinboukundiges.
Galery
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
album Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika